Foto ter illustrasie: Getty Images/Gallo Images
Foto ter illustrasie: Getty Images/Gallo Images

Daar is twee redes hoekom ons ’n beskermende lagie aan ons armholtes aansmeer: sweet en reuk.

Jy dink dalk sweet laat ’n mens sleg ruik, maar in die werklikheid het sweet geen reuk nie – dit is die bakterieë wat in die holte onder ons arms opbou wat die klankie veroorsaak.

Dit beteken nie ons hoef ons nie oor sweet te bekommer nie. Niemand hou daarvan om af te kyk en ’n donker natgeswete kol aan hul hemp te sien nie.

HET JY GEWEET? Geel vlekke aan klere word veroorsaak deur sweet wat met aluminium in antiperspirante meng. Kies aluminiumvrye produkte as jy moeg is van vlekke verwyder.

Wat is die verskil tussen antiperspirant en deodorant?

Al toon hul naam die verskil aan (sweetwerend en reukwerend), het die twee op die een of ander manier in dieselfde kategorie beland.

Deodorant bevat antibakteriese middels wat liggaamsreuk help verminder en verbloem, terwyl antiperspirant sweet verminder deur porieë met aluminiumsout te verstop en die sweet vas te keer. Party produkte is ’n kombinasie van die twee.

Tensy jy jou onderarms met botoks laat behandel het om oorma­tige sweet te bestry of net een van die gelukkige mense is wat nie juis sweet nie, gebruik jy waarskynlik deodorant sedert jy 14 jaar oud is.

Jy skree óf vir die aanrol- óf die spuitspan, maar nie alle deodorante is ewe doeltreffend nie. Ons het ’n paar produkte op die rakke bekyk om jou ’n oplossing te gee vir enige armholte-uitdaging.

Beproef
Lady Speed Stick Invisible Dry Deodorant R49,99.
Lady Speed Stick Invisible Dry Deodorant R49,99.
Mitchum Women Advanced Control Antiperspirant & De
Mitchum Women Advanced Control Antiperspirant & Deodorant Gel, R59,99.
Dove Even Tone Deodorant Spray R34,99.
Dove Even Tone Deodorant Spray R34,99.
Shield MotionSense Sexy Bouquet Antiperspirant Sp
Shield MotionSense Sexy Bouquet Antiperspirant Spray R27,99.
Earthsap Deodorant R69,99.
Earthsap Deodorant R69,99.
Mitchum Women Powerful Anti-­Sweat Roll-On R43,99.
Mitchum Women Powerful Anti-­Sweat Roll-On R43,99.
Nivea Fresh Musk Deodorant R22,99.
Nivea Fresh Musk Deodorant R22,99.

DROOG- OF JEUKERIGHEID

Beproef aanrol of stiffie

Die jel-, room- of wasformules rol aan jou armholtes aan en werk beter as ’n antiperspirant as net ’n deodorant alleen. Baie bevat ook bevogtigende middels wat arm­holtes kan help streel. Maar vra ’n dermatoloog se raad as jy ’n sen­sitiewe vel het.

Ekstra voordele

Lekker vir vliegtuigreis en minder onaangenaam vir medegimgebruikers in die aantrekkamer.

Nadele

Vermy dit as jy haastig is. Dit neem langer om droog te word as sproeideodorante en kan klewerig wees.

SWEETVLEKKE

BEPROEF AËROSOL

Die formule word met gas onder druk direk en egalig aan jou armholte gespuit en dit bevat ’n geur om liggaamsreuk te verbloem. Danksy die egalige verspreiding is jou armholtes meer teen sweet beskerm. Aërosols word ook vinniger droog, wat beteken dit sal nie aan jou klere afgee nie.

Ekstra voordele

Ideaal as jy vinnig moet aanvul en dit kan ook as ’n lyfsproei dien.

Nadele

As jy dit nie goed genoeg skud nie, kan dit ’n poeierige lagie aan jou armholtes veroorsaak, wat ook aan jou klere kan afgee.
Dit kan ook iemand irriteer wat dalk by jou verbystap en raak gespuit word.

CHEMIESE SENSITIWITEIT

Beproef natuurlike produkte sonder parabene

Natuurlike handelsname gebruik gewoonlik bestanddele soos si­trus en olies om reuke te verwyder en is vry van aluminium, wat geel vlekke veroorsaak, en ander chemikalieë wat dikwels gebruik word.

Jy kan selfs appelasyn op die proef stel. Dié asyn absorbeer en neutraliseer liggaamsreuke wanneer dit met ’n wattekussinkie aangetik word.

Hoewel dit nie jou liggaam se vermoë om te sweet sal blokkeer nie (al verkies party mense die metode juis hierom), werk dit goed teen die reuk. Die asyngeur hou net tot dit droog is.

Ekstra voordele

Parabenvrye produkte is nie net goed vir die omgewing nie; dit help verminder ook chemiese kontak aan die vel.

Nadele

Langdurige gebruik kan vlekke veroorsaak en gegeurde olies kan stukkende vel irriteer.

Glansmense sweet ook

Halle Berry

Hlle Berry. Foto: Getty Images/Gallo Images
Hlle Berry. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die Oscarwenner het gewys sy is ook maar net mens by ’n rooitapyt­geleentheid
in Hollywood.

Jennifer Lopez

Jennifer Lopez. Foto: Getty Images/Gallo Images
Jennifer Lopez. Foto: Getty Images/Gallo Images

J-Lo laat die kwik styg by die Golden Globes, nat kolletjie onder haar arm ten spyt

Miranda Kerr

Miranda Kerr. Foto: Getty Images/Gallo Images
Miranda Kerr. Foto: Getty Images/Gallo Images

Die super­model werk dat die sweet spat by ’n glansgeleentheid vir Victoria’s Secret.

Meghan Markle

Meghan Markle. Foto: Getty Images/Gallo Images
Meghan Markle. Foto: Getty Images/Gallo Images

Tydens ’n geselligheid in Londen wys die hertogin van Sussex sy is nes een van ons.

KRY DIT HIER

Clicks 0860-254-257; Dove by Clicks; Earthsap by Faithful to Nature; Mitchum by Clicks; Nivea by Clicks; Shield by Clicks; Speed Stick by Clicks

  • Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf; kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.