1. Halwe brilletjie

Vergeet van die katoogbril – dis so verlede jaar. Deesdae dra jy net ’n halwe katoog.

Sonbril R49,99, MRP

2. Woordepet

Kry straatstylpunte en dra ’n pet by ’n rok en enkelstewels.

Pet R79,99, The Fix
Modewenk
Maak winter 2018 'n rooie. Kies 'n paar items in dié kleur en gee verlede jaar se klerekas nuwe lewe.

3. Groot pofbaadjie

Kies jou baadjie in ’n helder kleur soos rooi en wys ’n bietjie been (soos Gigi bo) of kombineer dit met ’n byderwetse sweetpakbroek.

Pofbaadjie R899, H&M

4. Neo-T-hemp

’n T-hemp wat glad nie lyk soos iets waarin jy kan slaap nie – dis dié seisoen se weergawe met valle en slagspreuke.

T-hemp deur Mango R399, Spree.co.za

5. Aangliptekkies

Dra hierdie diksooltekkies saam met ondeursigtige kouse by ’n uitskoprompie.

Stellingtekkies R559, Zara

6. Wit enkelstewels

Verruil jou klassieke swart enkelstewels vir vars wittes in blinkleer; dis net so veelsydig en pas by alles.

Stewels R499, Foschini

7. Beltbeursie

’n Beltbeursie is ’n wonderlike bykomstigheid. Dis modieus, stylvol en, belangriker, maak dit supermaklik om jou geld veilig te hou.

Beltbeursie deur All Heart R229, Zando.co.za

8. Groot oorbelle 

Wanneer jy oorbelle dra, hou die res van jou juweliersware eenvoudig, want jy wil hê jou oorbelle moet al die aandag kry.

Oorbelle R49,99, MRP
Modewenk
Rooi is mooi! Moenie jou aan kleurkombinasies steur nie: Dra rooi op rooi.

9. Sweetpakbroek

Kry ekstra stylpunte deur jou sweetpakbroek saam met metaalkleurige stewels te dra. Hou dit eenvoudig en laat jou trui die praatwerk doen.

Sweetpakbroek R399, Woolworths

10. Slagspreuktrui

Hou dit eenvoudig en laat jou trui die praatwerk doen.

Trui R229,99, The Fix

Kry dit hier

Foschini 0860-104-764; H&M 021-826-7300; MRP 0800-21-25-35; Spree.co.za; The Fix 0860-101-048; Woolworths 0860-022-002; Zando.co.za; Zara 011-302-1500

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.