Die sangeres lyk steeds beeldskoon. 'n Mens kan byna nie glo Tina is 80 nie! Die afgelope paar jaar was moeilik vir Tina nadat sy in 2013 kort ná haar troue aan haar jarelange kêrel, Erwin Bach (63), ’n beroerte gehad het en weer moes leer loop.

Nierversaking en ingewandskanker is later by sangeres gediagnoseer, en teen 2016 was Tina se niere so swak dat sy dialise moes ontvang. Erwin het toe gesê hy sal vir haar een van sy niere skenk. Die nieroorplanting is in 2017 uitgevoer en die operasie was suksesvol. 

Oor die liefde van haar lewe vertel Tina: “Ek is nog hier. Ons albei is nog hier, nader aan mekaar as wat ons ons ooit kon voorstel, en dit is rede vir ’n viering.”

Tina vertel haar 80ste verjaardag voel soos ’n tweede kans op die lewe. “Ek lyk goed. Ek voel goed. Ek het baie ernstige siektes oorleef en oorkom. Dit voel vir my soos ’n tweede kans om te lewe,” het sy in ’n onderhoud met Mirror vertel. 

Ten spyte die stryd met haar gesondheid, skenk sy wel aandag aan haar voorkoms. Maar wat beteken skoonheid vir dié glansvrou? 

Dié ikoon meen jy kan nie aan skoonheid vasklou nie, want dan jaag jy altyd na iets wat jy nooit sal terugkry nie. In ’n onderhoud met Woman & Home Magazine het Tina verklap dat haar geheim tot skoonheid niks kos nie: Dis bloot om gemaklik in jou eie vel te wees en om vrouwees te vier. 

“Ouderdom is nie ’n kwessie vir my nie. Ek dink 50 is die nuwe 30 en 70 is die nuwe 50. Daar is geen reëls wat sê dat jy op ’n sekere manier moet aantrek nie. Ons bly in opwindende tye vir vroue. Ek dink nie veel van my ouderdom as ek nou optree nie,” het Tina laat hoor.

Tina het ook op Instagram laat hoor hoe opgewonde sy oor haar verjaardag is, maar dis al daardie terugblik-foto’s wat sy met haar aanhangers deel wat ons nie mis kan kyk nie.

In Oktober het Tina ’n foto gedeel waar sy vier verskillende uitrustings dra en haar aanhangers gevra wat hulle gunsteling is. Én, wat is jou gunsteling? 

Ons bring hulde aan dié ikoon en kyk terug na Tina se sexyste mode-oomblikke.

1. Die sexy swart nommertjie

View this post on Instagram

Who’s ready for the weekend? ?

A post shared by Tina Turner (@tinaturner) on

2. Die sykouse en hakskoene

3. Denim-diva

View this post on Instagram

#ThrowbackThursday

A post shared by Tina Turner (@tinaturner) on

4. Die blinkers

5. Smeulend in wit

6. Die ikoniese swart-en-wit uitrusting

7. Haar ikoniese haarstyl

8. Mensdom! 

View this post on Instagram

#throwbackthursday

A post shared by Tina Turner (@tinaturner) on


9. Sexy leer

10. Rooi lipstiffie

View this post on Instagram

????

A post shared by Tina Turner (@tinaturner) on

Ekstra bronne: Mirror, YouTube, Instagram, Woman & Home Magazine