Trend #1: Oogblosser

trends,grimering
Foto: Gallo Images/Getty Images

  • Wanneer jy blosser aanwend, doen dit in ’n hoek van jou oor na die hoek van jou mond toe.
  • Wend blosser aan jou wangbene en ook jou ooglede aan vir ’n oordrewe blosservoorkoms. Dit sal daardie ­blosende loopplankvoorkoms skep.
  • Voeg ’n bietjie verligter by jou blosser ­om ’n tikkie glans daaraan te gee.
  • Skakeer altyd jou blosseraanwending in sodat dit geen ­harde lyne laat nie. 
trends,grimering
Foto: Gallo Images/Getty Images

Trend #2: Rooi lippe

trends,grimering
Foto: Gallo Images/Getty Images

  • Gee jou lippe ’n basislaag met verbloemer as jy ’n helder kleur wil hê en as jy nie wil hê jou lipstiffie moet bloei nie.
  • Smeer ’n dun laag petroleumjellie of lipsalf aan jou lippe voor jy ’n mat lipstiffie aanwend. Gebruik dan dieselfde metode om die mat lipstiffie te verwyder sodat jou ­lippe nie bars nie.
  • Wend poeier liggies aan ’n glansende lipstiffie aan om dit mat te maak, en wend glans aan ’n mat lipstiffie aan om dit blink te maak.
  • As poeierblosser in die winter jou vel droog maak, oorweeg dit om jou lipstiffie as ’n blosser in te span. Gebruik jou vingers of ’n kwas om dit aan te wend. 

Trend #3: Neon vlerke

trends,grimering
Foto: Gallo Images/Getty Images

  • Rond altyd jou gevleulde oogomlyner met maskara of vals wimpers af sodat jou oë nie moeg lyk nie.
  • Gebruik ’n waterdigte kohl- of jel­omlyner vir ’n blywende en helder voorkoms. As jy baie gepigmenteerde oogskadu het, kan jy dit ook gebruik.
  • Wanneer jy neon oogomlyner kies, hou die res van jou grimering eenvoudig.
  • Kies ’n kleur wat jou velkleur sal komplementeer sodat die kleur uitstaan en nie vaal lyk nie. 
trends,grimering
Foto: Gallo Images/Getty Images

Trend #4: Rooi oogskadu

trends,grimering
Foto: Gallo Images/Getty Images

  • Rooi kan ’n intimiderende kleur wees. Gebruik sagte bruine om dit om die kante te versag as jy voel dis te skerp.
  • Daar is verskillende skakerings van rooi; maak seker jy kies een wat goed by jou velkleur sal werk.
trends,grimering
Foto: Gallo Images/Getty Images

  • Hou die res van jou grimering eenvoudig; enigiets oor­dadigs sal jou ’n swaar grimeervoorkoms gee.
  • Jy kan efferooi met net maskara of vals wimperskies, of jy kan rooi rokerige oë vir ’n meer gesofistikeerde voorkoms skep.  
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.