Victoria Beckham

Die voormalige Spice Girl het in 2008 haar eie klerereeks, VB, bekendgestel en by ’n onlangse voorskou van haar winter-klerereeks in Parys het sy haar reputasie as modebaanbreker gestand gedoen. Dié stylvolle modeontwerper (45) het haar modevertoning met asemrowende swart gestruktureerde rokke afgeskop. 

View this post on Instagram

Thank u @niedenthal_vogue_polska and @vogue.polska for featuring me on your December cover. Photographed by @alexilubomirski, styled by @danielaagnelli, hair by @kenpaves, and makeup by @lisaeldridgemakeup. Kisses x VB

A post shared by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

Oor die nuwe reeks skryf sy: “Dit gaan daaroor ’n vrygees sonder beperkings en getrou aan onsself te wees.” 

Dié ma van vier is lank nie klaar met die modebedryf nie, en ons kan nie wag om te sien watter ontwerpe volgende op haar lys is nie. 

Kylie Jenner 

Ons het haar leer ken as een van die Kardashian-Jenner spruite in die werklikheidsreeks Keeping Up with the Kardashians. Deesdae rol die 22-jarige ster in die geld.

Dié jong magnaat het in 2019 immers Facebook se hoof en stigter, Mark Zuckerberg, van die no. 1-posisie as die jongste “selfgemaakte” miljardêr ter wêreld onttroon – en dit deur grimering te verkoop! 

Volgens Forbes, wat die Keeping Up with the Kardashians-ster op hul 2019-lysie van miljardêrs ingesluit het, is dit alles danksy Kylie se grimeerreeks, wat ’n koel R14 miljard werd is.

View this post on Instagram

my lil baby lowkey a flexerrrr

A post shared by Kylie ?? (@kyliejenner) on

Kylie se reeks groei voortdurend, en sy het selfs ’n Kylie Lipkit en oogskadu-kleurpalet na haar tweejarige dogter, Stormi, genoem.

En natuurlik het sy ook kragte saamgespan met haar ouer susters, Kourtney, Kim en Khloé Kardashian, gespan en lipstiffies na hulle genoem. 

Kylie het onlangs ook 'n nuwe velsorgreeks bekendgestel, dit lyk dus of daar aan dié sakevrou g'n keer is nie. 

Rihanna 

Vir dié sangeres was 2019 ’n groot jaar. Rihanna (32) het by die 2019-modeweek in New York haar eie onderklerereeks, Fenty x Savage, bekendgestel. 

Rihanna het die tonge laat klap toe sy in ’n sexy swart katpak op die verhoog verskyn het. En vir vroue reg oor die wêreld wat Rihanna se pragtige grimeervoorkomste wou naboots, het die sangeres haar eie grimeeringreeks, Fenty Beauty, bekendgestel. 

Dié produkte is nie op diere getoets nie en is in Suid-Afrika beskikbaar, maar wees gewaarsku, dis peperduur!

Beyoncé

Sy is die koningin van onkonvensionele modes. 

Die 38-jarige sangeres het die sosiale media laat gons toe sy groot oranje geskenkbokse by bekendes soos die Big Little Lies-aktrise Reese Witherspoon en die rapper Cardi B laat aflewer het, en raai wat was daarin? Verskeie uitrustings uit haar nuwe Ivy Park x Adidas reeks!

View this post on Instagram

adidas x IVY PARK E-comm takeover #adidasxIVYPARK

A post shared by IVY PARK (@weareivypark) on

Dié reeks is so luuks dat jy dié sweetpakbroeke met hakskoene kan kombineer vir die perfekte sports lux voorkoms. Ons is absoluut mal oor die reeks! 

View this post on Instagram

adidas X IVY PARK unboxing #adidasxIVYPARK

A post shared by IVY PARK (@weareivypark) on

Meghan Markle 

Vir die voormalige Suits-aktrise was 2019 ’n groot jaar, want selfs sy het haar klerereeks in samewerking met die Smart Works-liefdadigheidsorganisasie bekendgemaak. En dit was boonop sjiek verby.

Die doel van Smart Works was om vroue gereed te maak vir die werkplek deur hulle opleiding te gee asook om aan hulle klere te verskaf vir die onderhoud en die werk daarna.

Die hertogin van Sussex (38) het om hulp gaan aanklop by die Britse ontwerpers Marks & Spencer, John Lewis & Partners en haar goeie vriendin Misha Nonoo vir die projek. Die klerereeks sluit alles in van rokke tot handsakke wat gemaklik is om te dra en stylvol is om steeds sjiek en elegant te lyk.

Oor dié groot oomblik het Meghan in die sosiale media geskryf: “Ek is opgewonde oor die viering van die bekendstelling van ’n projek waar vroue mekaar ondersteun en gemeenskappe saamwerk.”

Bronne: The Sun UK, Town And Country Magazine, News.com, Instagram, Forbes, Fentybeauty.com, Vogue.com