Trend 1

Omraamde gesig

Model poseer vir 'n foto
Foto: Gallo Images/Getty Images

Slierte hare of vlegsels wat die gesig omraam, is weer gewild en dit laat boonop die gesig slanker vertoon. Dit werk veral goed vir ’n ronde gesig.

Model op die loopplank
Foto: Gallo Images/Getty Images

Wenke

  • Vlegsels wat die gesig raam, word gewoonlik gedra met die res van die hare vasgemaak in ’n hoë of lae poniestert of bolla.
  • As jy los slierte verkies in plaas van vlegsels, kan jy dit reguit maak of krul vir ’n gesofistikeerde voorkoms.
  • Jy kan die slierte hare ook vleg, maar maak seker die hare wat vasgemaak is, is ook gevleg.
  • Los hare in die gesig werk met krul- of reguit hare, maar dit werk nie as jou hare kort is nie.
  • Vir ’n glansryke voorkoms voor jy jou hare vleg, maak dit eers reguit. As jy ’n meer ontspanne voorkoms wil hê, was jou hare en laat dit lugdroog word voor jy dit begin vleg.

Trend 2

Haarbande

Model poseer vir 'n foto
Foto: Gallo Images/Getty Images

Haarbande verleen ’n speelse, helder element aan enige voorkoms en jy kan dit vir enige geleentheid dra.

Model poseer vir 'n foto
Foto: Gallo Images/Getty Images

Wenke

  • Een manier om dit te dra is om dit teen die rand van jou hare te plaas en terug te stoot vir ’n gladde voorkoms wat hare uit die gesig hou.
  • Jy kan ook ’n middelpaadjie maak en die haarband in die middel van die kop plaas sonder om die voorste hare terug te stoot.
  • As jou haredos nie wil saamspeel nie, maak dit vas en plaas die haarband op jou haarrand.
  • Haarbande met blinkers of pêrels werk goed vir formele geleenthede en is dikwels beter om net as versiering te gebruik.
  • Stileer korter hare in die styl van jou keuse en plaas die haarband in die middel van jou kop. Dunner en fyner haarbande werk goed vir kort hare.

Trend 3

Haarrekkies

Model poseer vir 'n foto
Foto: Gallo Images/Getty Images

Dramatiese haarrekkies kan jou voorkoms mooi afrond en jou hare hoef nie perfek te lyk daarvoor nie.

Model poseer vir 'n foto
Foto: Gallo Images/Getty Images

Wenke

  • Hoe groter en kleurvoller die rekkie is, hoe beter is dit. Maak jou hare vas in ’n bolla sodat die haarbykomstigheid kan uitstaan. 
  • Haarrekkies werk goed met los haarslierte wat om die gesig hang. Twee trends in een! 
  • Jy kan twee haarrekke in komplementerende kleure dra, byvoorbeeld ’n swarte en witte.
  • Dra haarknippies wat by jou haarrekkies pas om die koppe behoorlik te laat draai.
  • Dra haarrekkies met lang punte lint of materiaal om die aandag af te lei van gesplete punte of as jou kleur nie meer so lekker vertoon nie. Hoe langer, hoe beter.

Trend 4

Kartelbob

Model poseer vir 'n foto
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die bob kry ’n inspuiting met sagte krulle wat dit ’n speelse, ontspanne voorkoms gee.

Model poseer vir 'n foto
Foto: Gallo Images/Getty Images

Wenke

  • Die styl werk goed met reguit hare. As jy dun lae het wat effens langer is, laat dit reguit knip.
  • Om die krulle te behou, sal jy hitte moet gebruik wanneer jy jou hare krul. Beperk die hitteskade deur ’n produk te gebruik wat jou hare daarteen beskerm en krul jou hare slegs elke drie dae.
  • Vingerborsel jou hare om die krulle te behou en gebruik stelling- bykomstighede om dit tussen krulsessies mee te verfraai. 
  • Laat jou bob elke drie tot ses weke knip om die mooi styl te behou.
  • As jy dun hare het, gebruik mousse of ’n spuitmiddel wat volume verskaf voor jy jou hare begin krul.