Met daai bikinilyf, perfekte blonde lokke en beeldskone vel sou mens nooit kon raai dat dié 31-jarige ster ’n bedrywige model en ma van twee is nie.

Foto: Gallo Images/Getty Images
Candice Swanepoel
Foto: Gallo Images/Getty Images

Haar twee spruite, Anacã (4) en Ariel (2), hou haar op haar tone, maar Candice kry steeds tyd om aandag aan haar skoonheidsroetine te skenk.

“Ek wil mooi oud raak. Ek wil nie enige plastiese chirurgie hê nie,” het sy in ’n vorige onderhoud met die tydskrif Harper's Bazaar verklap.

Candice Swanepoel
Foto: Gallo Images/Getty Images

Dus, wat is haar geheim? 

Kos

Ontbyt is die eerste ding waaraan sy dink, ongeag waar sy ook al in die wêreld wakker word. En wat is op die spyskaart? ’n Spinasie-en-feta-omelet.

“Ek is mal oor eiers of ’n tradisionele Engelse ontbyt wat ek baie tydens my grootwordjare in Suid-Afrika geniet het,” sê sy. 

Candice se gunstelingkos kom uit Brasilië en Italië en glo dit of nie, sy is dol oor sjokoladekoek. Dié lekkerny word in Brasilië as ontbyt geëet. 

Wat haar dieet betref, meen Candice dat sy graag ’n vegetariër wil wees omdat dit tot die planeet se volhoubaarheid bydra, maar dis ’n uitdaging.  “Ek eet minder rooivleis, maar dis moeilik,” meen sy. 

En haar bloosplesiertjie? “Ek is mal oor ’n croissant wanneer ek in Parys is. Al die brood en gebak is so heerlik!”

Candice Swanepoel
Foto: Gallo Images/Getty Images

Velsorg

Candice volg ’n tradisionele velsorgroetine: reinig, opknapper, serum, bevogtiger, en soggens wend sy ’n oogroom aan.

“Ek skrop my gesig twee keer per week. Ek gebruik ook daagliks sonskerm; of die son skyn of nie,” sê sy. 

Sy gebruik ook ’n rooswater-sproei om haar vel te reinig en hidreer. “Ek is mal oor ’n oornaggesigmasker of ’n room en dan wend ek ook ’n oogroom aan,” verklap sy.

Candice Swanepoel
Foto: Gallo Images/Getty Images

Haarsorg

Die blondine verklap dat sy haar stilis verander en nooit groot veranderinge aan haar kapsel maak nie. Haar hare geniet gereeld die aandag van stiliste wêreldwyd, dus gebruik sy ’n bevogtigingsmasker vir haar hare wat sy deurnag aanhou en soggens afspoel.

“Ek gebruik natuurlike olies wat ek in my huis het. My resep is eenvoudig; ’n mengsel van olies wat bestaan uit kokosneut- en arganolie.”

Candice Swanepoel
Foto: Gallo Images/Getty Images

Oefenroetine

Die wete dat sy 'n goeie oefensessie agter die rug het en haar vel goed lyk, gee dié Victoria’s Secret-model selfvertroue voor die kamera.

“Ek is mal oor joga, want dit leer my goeie asemhalingstegnieke en ook hoe om kalm te raak,” sê sy.  

Candice Swanepoel
Foto: Gallo Images/Getty Images

Grimering

Wanneer die kamera's afgaan, geniet Candice haar natuurlike voorkoms, maar wanneer sy op die stel is, wil sy opgetof wees.

Candice se grimeergeheim is dat sy haar onderlaag met sonskerm of bevogtiger meng vir ’n meer natuurlike voorkoms. Sy wend verbloemer aan daardie plekke waar rooiheid voorkom. 

Candice Swanepoel
Foto: Gallo Images/Getty Images

KYK: Candice deel haar brons-grimeervoorkoms 

Bronne: Vogue.er, Harpersbazaar.com, Elle.com,au