As ’n vrou met kurwes was dit altyd swaar vir haar om klere te kry wat ouderdomgepas en haar aantreklik laat voel het, vertel Laverne, wat in Kaapstad woon.

“Alles was eerder te outyds of geskik vir ’n ouer ouderdomsgroep,” vertel sy aan Huisgenoot.

Oor die jare het sy stylvoller alternatiewe gevind, en vroue het haar vir advies begin nader. Dis toe dat sy besluit het om haar eie klerereeks, wat spesifiek daarop fokus om vroue met kurwes gemaklik en aantreklik te laat voel, te ontwerp. Die reeks, wat LTM Curve heet, word in Februarie bekendgestel. 

View this post on Instagram

50 Shades of Slay ????? . . . . . #fortheloveoffashion #fashion #fashionblogger #ootd #designer #passion #passionforfashion #madeincapetown #madeinsouthafrica #capetown #southafrica #dubai #uae

A post shared by L A V E R N E ( L T M ) (@laverne_tm) on

Haar liefde vir mode het van ’n jong ouderdom af begin. As sy haar klerekas nou bekyk, het sy beslis vyf gunsteling-items daarin.

Sy is gaande oor A-lyn rompe, wit T-hemde, kaftans, hakskoene en ronde goue oorbelle. Die stylvolle Laverne deel haar raad hoe volfiguur-vroue stylvol en gemaklik kan lyk. 

Bly koel 

Laverne Manuel Turner
Foto: Verskaf

Om gemaklik en koel te bly in somer is soms ’n uitdaging. Katoen en sjiffon is die beste materiaal om koel te bly, meen Laverne. Linne is ook ’n goeie keuse, maar verg wel baie strykwerk.

“In somer dink ons as plusgrootte vroue dat hoe meer jy jouself bedek, hoe beter, maar dis tyd om klere te dra waarin jy gemaklik voel en selfvertroue in jou voorkoms het,” sê sy. 

Weg met benoude jeans! 

Laverne Manuel Turner
Foto: Verskaf

Jeans is nie die enigste opsie vir ’n gemaklik en ontspanne voorkoms nie, vertel sy. Jeggings in plaas van denim is die perfekte oplossing vir ’n gemaklike gemaklike en sjiek voorkoms. Jy kan jeggings met tekkies of hakke kombineer.

Die perfekte rok

Laverne Manuel Turner
Foto: Verskaf

Enige vrou wil op haar mooiste voel as sy ’n spesiale geleentheid moet bywoon, maar dis moeilik om die perfekte snit rok te kry. Hoe nou gemaak? “Vroue moet hul heupe begin aanvaar. Moenie dink jy moet sekere snitte vermy nie. Dis beslis nie die geval nie,” sê Laverne. 

’n Oorvourok is een van die beste opsies vir vollerfiguur-vroue. ’n Pragtige A-lyn romp of rok lyk ook baie vroulik en is ook baie vleiend, meen Laverne. Volgens die model is dit die items wat jy vermy wat soms die beste lyk.

“Moet nooit bang wees om iets nuuts te probeer nie.”

Bikini’s en swemklere

Laverne Manuel Turner
Foto: Verskaf
Laverne Manuel Turner
Foto: Verskaf

“Dis belangrik om te onthou dat baaibroeke met jou kurwes moet speel en dit nie wegsteek nie!”

Laverne meen dis belangrik om te onthou dat almal se kurwes verskillend is, so as jy groter borste het of jy ongemaklik voel met jou maag en agterstewe, is ’n gestruktureerde bikini-top en ’n hoësnit-broek die beste oplossing.

Nie net hou dit alles mooi in plek nie, maar dit plaas ook die klem op al die regte plekke. 

Skoene

Laverne Manuel Turner
Foto: Verskaf

Vir die somer, raai Laverne wighakskoene aan. Dit pas by byna enigiets en as jy met kurwes geseën is, gee dit ekstra vorm aan jou lyf. Nog ’n gunsteling is platvorm-sandale. Hoewel dit nie so gewild is nie, sorg dit vir ’n slanker voorkoms.  

Vir ’n meer tradisionele voorkoms, is ’n pragtige plat somersandaal altyd ’n opsie. 

Laverne se boodskap aan vollerfiguur-vroue

Laverne Manuel Turner
Foto: Verskaf

“Ons is ingestel om te voel dat skoonheid ’n sekere grootte of vorm het. Nou is ons tyd om die mooi, vroulike vorm waarmee ons geseën is, lief te hê. Dis tyd om met selfvertroue te stap!”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.