Suurlemoen

Suurlemoen
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Suurlemoene het ’n sagte bleikwerking wat moeë, vaal vel verkwik. 

Maak so

Gebruik die helfte van ’n uitgedrukte suurlemoen as ’n bak vir die liggies geklitste geel van ’n eier. Voeg ’n paar druppels suurlemoensap by en los oornag sodat die geel die olie uit die suurlemoenskil kan absorbeer.

Smeer die mengsel met ’n stuk watte oor jou gesig, maar laat ’n 2,5 cm-rand om jou oë onbedek. Wag 10 minute en was dan met lou water af. Ná die suurlemoenmasker kan ’n droër vel bevogtiger nodig hê.

Waatlemoen

waatlemoen
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Waatlemoen (of spanspek), die natuur se eie “bevogtiger”, bly langer koel as enige ander vrug. Dit is die ideale keuse om die brand uit warm, geïrriteerde vel te haal.

Maak so

Sny slierte van ’n wig van die vrug af. Rangskik dit tussen twee lae gaas wat groot genoeg is om jou gesig te bedek. Vorm dit liggies aan jou gesig. Los 15 minute aan.

Aartappel

skoonheid,mooimaak
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Dié eenvoudige knol kan moeë oë laat skitter en pofferigheid help verminder.

Maak so

Rasper ’n groot rou aartappel en druk dit tussen twee lae gaas of twee skoon sakdoeke of lapservette. Laat rus dit liggies oor jou oë. Gaan lê ’n halfuur lank.

Avokado

skoonheid,mooimaak
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Avokado’s is nog ’n olievervaardiger. Gebruik dit om droë, growwe vel aan jou ledemate glad te maak.

Maak so

Dop die helftes van die skil om nadat jy die vlees geëet het sodat die oorblyfsels van die vlees aan die buitekant is. Vryf dit met ’n sirkelbeweging oor enige growwe dele van jou arms en bene.

Lemoen

skoonheid,mooimaak
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Lemoensap en die olie van lemoenskil vorm ’n reiniger en verfrisser vir droë tot normale vel.

Maak so vir ’n reiniger

Hou die skil van lemoene (of enige ander sitrusvrug soos pomelo of nartjie).

Bedek dit met ’n bietjie gekookte water wat heeltemal afgekoel het. Prik die skil oraloor met ’n skerppuntmes om die olie vry te stel. Laat staan oornag.

Gooi die volgende oggend deur ’n sif en gebruik die vloeistof om jou gesig mee te was.

Maak so vir ’n verfrisser

Doop ’n stuk watte in water, druk uit en do dit in ’n paar druppels lemoensap. Tik dit oor jou hele gesig en nek.

Aarbei

skoonheid,mooimaak
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Aarbeie is ’n verligter vir ’n bleek vel. Dit kan met botter gemeng word om ’n droë gelaat te versag of kan op hul eie gebruik word.

Metode 1

Meng ’n klein skeppie warmgemaakte botter met ’n bietjie vars aarbeisap. Smeer die mengsel aan jou gesig en los ’n halfuur – terwyl jy bad, is ’n goeie tyd vir dié behandeling. Verwyder met velverfrisser of ’n sagwerkende seep en warm water.

Metode 2

Sny ’n vars aarbei middeldeur. Vryf die snykant oor jou vel en los oornag. Spoel in die oggend met warm water af.

Heuning

skoonheid,mooimaak
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Heuning maak die vel sag en syagtig en verminder plooitjies wat deur droogheid veroorsaak word.

Maak so

Smeer ’n dun laag heuning oor jou gesig en los 15-20 minute. Verwyder met watte wat in water geweek is. As jy ’n olierige vel het, voeg ’n paar druppels suurlemoensap by die heuning voor jy die masker aanwend.

Komkommer

skoonheid,mooimaak
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Komkommersap is ’n natuur- like saamtrekmiddel en kan as ’n verfrissende vloeiroom gebruik word om olierigheid te bestry of om ’n dowwe gelaat te verlig.

Dit speel ook die rol van blinkbestryder

Beproef dit aan die vel wat geneig is om olierig te lyk – die voorkop, neus en ken.

Maak so vir ’n verfrisser

Rasper ’n 8 cm-stuk komkommer met ’n fyn rasper en druk die sap uit. Druk ’n stuk watte in die sap en tik dit oor jou hele gesig. Slaan olierigheid aan die middelste deel van jou gesig hok deur verskeie keer per dag komkommersap aan die area te tik.

Maak so vir ’n verligter

Sny ’n 5 cm-stuk komkommer in stukkies en bedek met twee eetlepels kokende melk. Laat afkoel. Smeer die vloeistof met watte oor jou gesig en nek.

Perske

skoonheid,mooimaak
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Perskes kikker die vel op en versag en verglad jou gelaat.

Maak so

Maak ’n kompres (klam doek) soos met die spanspek.

Amandels

skoonheid,mooimaak
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die neute bevat olie wat ’n droë vel help voed en versag.

Maak so

Voeg ’n koppie koue melk – ’n druppel op ’n slag – by 30 g fyn amandels terwyl jy goed roer. Giet dit deur ’n sif en voeg 15 g suiker by. Smeer aan en was ná 10 minute af.

Appel

Appels is ’n matige olieverwyderaar. Dit bevat ’n ingeboude gesigmasker wat ’n olierige vel opkikker.

Maak so

Rasper ’n groot appel fyn. Smeer ’n dun laag aan jou gesig. Lê agteroor en los dit 10-15 minute aan voor jy dit met warm water afwas.

Eier

eier
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Eiers bevat twee soorte mooimaakmiddels

Die eiergeel is voeding vir die was en opknap van hare, en die albumen in die eierwit vorm ’n natuurlike verfrisser wat gesigskontoere help lig.

Maak so vir hare

Klits ’n eiergeel liggies en meng dit met ’n koppie warm water. Gebruik dit pleks van sjampoe. Masseer die mengsel by die hare in en spoel dit goed met warm water af.

Maak so vir vel

Maak ’n kenband deur liggies geklitste eierwit van oor tot oor onder die ken aan te verf. Plaas jou duime net onder jou ore en lig sagkens die kontoere van die ken. Hou tot die eierwit droog is – sowat 15 minute.

Tamatie

Tamatie
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Tamaties bevat meer vitamiene as die meeste ander vrugte. Dit skep ook ’n “syagtige” vloeiroom vir hande.

Maak so

Meng gelyke hoeveelhede sap van ’n ryp tamatie, suurlemoensap en gliserien. Masseer dit met ’n wasbeweging by die hande in.