Vet tekkies

Kyk net hoe het die leefstylblogger Xenia Adonts gelyk by die Kopenhaagse Modeweek Lente/Somer 2019: Louis Vuitton-tekkies, ’n Dior-sak en blokkies- baadjie met ’n belt. Tekkies om van te droom . . . Foto: Gallo Images/Getty Images

Hierdie reusetekkies lyk op hul mooiste by rokke of rompe tot by die middel van jou kuit of korter. Wanneer jy jeans of ’n langbroek dra, sorg dat dit bo jou enkels eindig. ’n Baie stywe langbroek is uit.

R1 399, Fila
R759, Zara
R299,99, The Fix
R2 399, Sportscene

Modewenk
Dra dit eerder by ’n reguit of losser langbroekstyl. En kry dan vir jou ’n versameling ongewone sokkies in helder kleure of helder patrone.


Sokkies

Foto: Gallo Images/Getty Images
Deur Style Republic R59 per paar, Spree.co.za
Deur Falke R99 per paar, Spree.co.za
R199 per paar, Sexysockssa.co.za
R199 per paar, Sexysockssa.co.za


Modewenk
Kies jou sokkies kort of tot so halfpad teen die kuit by jou groot tekkies. 


Deursigtige sak

Die Noorse blogger Tine Andrea spog by die Kopenhaagse Modeweek Lente/Somer 2019 met ’n Louis Vuitton-handsak binne ’n deurskynende sak. Foto: Gallo Images/Getty Images

Jy moet een hê – maar onthou die goue reël: Dis wat jy in jou sak sit, wat tel. So pak ’n spesiale beursie, patroonserp en kleiner sakkies in vir al jou ditjies en datjies.

Sorg dat al die items saam ’n mooi prentjie skep vir almal wat dwarsdeur jou handsak kyk.

R659, Zara
Deur Daily­friday R499, Superba­list.com


Modewenk
Hou jou waardevolle items minder sigbaar wanneer jy dié byderwetse gier volg. 

Mandjie-sak

’n Besoeker dra ’n ­mandjiesak by die onlangse Kopenhaagse ­Modeweek Lente/Somer 2019. Foto: Gallo Images/Getty Images

Verby is die dae dat mandjiesakke net vir die strand of pieknieks bedoel is. Dra dit by somerstaat­makers soos rokke, kortbroeke, espa­drilles en rompe en lyk of jy permanent met vakansie is.

R559, The Fix
R149,99, MRP


Modewenk
Moenie jou sak te vol prop nie, want die vorm is taamlik onbuigsaam, en dit kan die knip laat breek.

Gekwilte beltsak

’n Besoeker dra ’n Gucci-­beltsak by ’n blou pak by die Seoelse Modeweek vroeër vanjaar. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die beltsak is nie meer net vir reisigers en hul paspoorte nie. Dis nou deftig en sjiek. Dra dit bo-oor ’n moulose sjiffonjas of ’n katoenrok en spog sommer so met jou middeltjie ook.

R99,99, The Fix
R159,99, MRP

Kry dit hier

Fila 011-630-4000; MRP 0800-21-25-35; Sexysockssa.com; Sportscene 0860-576-576; Spree.co.za; Superbalist.com; The Fix 0860-101-048; Zara 011-302-1500

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.