Vandat serums op die skoonheidstoneel verskyn het, het dit ’n baie belangrike deel van die meeste velsorgroetines geraak.

Dit is spesiaal vir verskillende behoeftes aangepas. Al kos dit meer as gewone vogrome, beteken dit nie alle serums is peperduur nie. Teenverouderingserums werk die beste vir mense wie se vel tekens toon van veroudering, soos ouderdomsvlekke, ontwatering, fyn lyntjies en plooie.

Jy kan egter teenverouderingsprodukte so vroeg as 25 begin gebruik om tekens van voortydige veroudering te keer.

L’Oreal Revitalift Laser Renew R329,99
Gatineau Collagene Expert Ultimate Smoothing Serum R1 045
Elizabeth Arden Ceramide Lift & Firm Sculpting Gel R755
BioEffect EGF Day Serum R1 400
Dr. Gobac Regenerating Serum R510
BioMedical Emporium Retinol Serum R915
Mineraline Time It! Anti-Ageing Serum R245
Pond’s Age Miracle Intensive Cell ReGen Serum R179,95
Sorbet Age Effect Power Serum R160
Nivea Q10 Plus Anti-Wrinkle Replenishing Serum Pearls R230
Elizabeth Arden Prevage Anti-Aging + Intensive Repair Daily Serum R2 140
Neutrogena Ageless Intensives Anti-Wrinkle Serum R200
Payot Elixir Lift Regenerating Tightening Serum R869
Six Age Reverse R753
BioNike Defence Elixage R3 Oil Serum R650
Lamelle Correctives Intensive GF Serum R795

Wat veroorsaak veroudering van die vel? 

Namate jy ouer word, begin tekens daarvan op jou vel wys. Dit gebeur omdat minder proteïen, soos kollageen, vervaardig word.

As gevolg hiervan begin jy ’n verlies aan velelastisiteit ervaar asook ’n vel wat minder plomp vertoon. Van die faktore wat voortydige veroudering veroorsaak of die verouderingsproses versnel, is stres, sonskade, ’n ongesonde dieet, te veel alkohol en rook.

Hoekom jy 'n teenverouderingserum moet gebruik 

Serums werk gewoonlik uitstekend met aktiewe bestanddele wat spesifieke velkwessies teiken.

Teenverouderingserums is dieselfde, maar fokus hoofsaaklik daarop om die vel die nodige hupstoot te gee om dit jonger te laat vertoon. Die meeste teenverouderingserums teiken fyn lyntjies, donker vlekke en vel wat uitsak en ontwater.

Daaglikse vogrome en nagrome bevog die vel, maar dring nie die vel deur om drastiese resultate te lewer nie.

Serums, daarenteen, penetreer die vel en werk van binne na buite. Nog ’n wonderlike ding omtrent serums is dit hou lank – jy benodig net ’n paar druppels wanneer jy dit aanwend.

Benut elke druppel

Laat serum hard werk 

1. Reinig jou vel soos gewoonlik met lou water. Maak sagkens sirkelbewegings met jou vingers en druk jou vel droog wanneer jy klaar is.

2. As jy ’n verfrisser gebruik, wend dit nou aan. Verfrissers verklein porieë en raak van oorblywende vullis ontslae.

3. Wend daarna jou serum met jou vingerpunte aan.

4. Wend jou vogroom aan om die serum te seël.

5. Wend sonskerm aan om die vel teen die son te beskerm.

6. Onthou om te wag tot elke laag ingetrek het (sowat 30 sekondes tot ’n minuut) voor jy met die volgende stap voortgaan. Dit moet jou daaglikse roetine wees, ongeag die weer of geleentheid.

Moets en moenies

  • Moenie te lank wag nadat jy jou gesig gereinig het voor jy jou velsorgprodukte aanwend nie – nie langer as drie minute nie.
  • Vervang jou dagroom met ’n ryker nagroom saans en slaan die sonskerm oor.
  • Moenie jou gesig met warm water was nie – dit sal dit uitdroog. Los die verfrisser as jy ’n sensitiewe vel het, want die meeste verfrissers bevat alkohol, wat die vel verder sal irriteer.
  • Wend sonskerm aan as jy serum bedags gebruik. Die son kan die aktiewe bestanddele in jou serum negatief op die vel laat reageer, wat rooiheid of afskilfering kan veroorsaak.
  • Handhaaf gesonde eetgewoontes, oefen gereeld en drink daagliks genoeg water om ’n gesonde liggaam en vel te handhaaf. Bring minder tyd in die son deur en dra altyd sonskerm.
  • Moenie jou serum met jou vogroom meng nie.
  • Dit sal dit nutteloos maak omdat dit nie die vel doeltreffend kan penetreer nie.
  • Smeer jou teenverouderingserum aan jou halslyn en die agterkant van jou hande, want veroudering wys ook duidelik op hierdie dele.
  • Tref voorsorg met sommige serums en weet wanneer dit aangewend moet word. Daar is byvoorbeeld dié wat hoë dosisse vitamien A bevat, wat ook retinol genoem word, wat net saans aangewend moet word. Die bestanddele in die serum kan op die son reageer en jou vel meer geneig tot sonbrand maak. 
Kry dit hier

Bioeffect Placecol.com; BioMedical 012-809-2856; Bionike 0800-201-170 (Dis-Chem); Dr. Gobac 011-784-2422; Elizabeth Arden 021-597-1700; Gatineau Absoluteskin.co.za; Lamelle lamelle.co.za; L’ORÉAL 0860-102-491; Mineraline 0800-201-170 (Dis-Chem); Neutrogena 0860-410-032; Nivea 0860-102-091; Payot 0800-201-170 (Dis-Chem); Pond’s 0860-572-861; Six 011-312-7840; Sorbet 0860-254-257 (Clicks), 0800-203-925 (Edgars)

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.

Ekstra bronne: Garnier.co.uk, Aad.org, Paulaschoice.com, Instyle.com