Rakke bied nie net vir mense met min ruimte ’n oplossing om hul plek te orden nie; dit kan ook ’n treffende ontwerp- element by ’n vertrek voeg.

Woonvertrek

Meng boeke, geraamde foto’s, klein plante en tierlantyntjies in die verskillende vakkies van die boekrak vir ’n tikkie persoonlikheid. Modern-rak R2 500, MRP Home
Dié muurrak is ideaal vir ’n klein woonvertrek; dit sal jou ekstra pakplek gee. R2 000, MRP Home
Deur George & Mason R1 598, Takealot.com
Deur Emerging Creatives R1 999, Superbalist.com

’n Houtboekrak vol boeke en gesinsfoto’s gee byvoorbeeld warmte aan ’n woonvertrek. Kweek kruie op ’n sweefrak in jou kombuis of stal jou kosbare breekware daarop uit.

Kombuis 

Vanaf R3 999, Eco Furniture Design
Hou kruie in potte op die onderste rak en speserye op die boonste twee rakke. R599,99, MRP Home
Deur Wildberry R499,99, Makro
R349, @home
Dié oulike rak is ideaal vir die wegsit van kleiner kombuis- items. Deur Present Time R899, Superbalist.com

Badkamerrakke kan prakties én pragtig wees as jy jou toiletware met mooi houers of dekor-items meng en pas.

Badkamer 

Die ongewone vorm van die spieël-en-rak gee die badkamer ’n interessante voorkoms. Shelly-spieël met rak R1 299, @home
As jy ’n klein badkamer het, kies ’n muurrak wat ’n dubbele doel dien, soos dié rakspieël. Deur Sixth Floor R1 299, Superbalist.com
Die smal, hoë bêre-eenheid het ruimte vir al jou badkamer-items sonder om te veel vloerruimte op te neem. Ordo-bêre-eenheid R3 299, @home
R159,99, MRP Home
Deur Wildberry R599, Makro

Vir jou studeerkamer sal jy iets groots en stewigs nodig hê om jou persoonlike of werklêers netjies te hou.

Kantoor/Studeerkamer

Palma-boekrak R4 999, Coricraft
As jy jou studeerkamer persoonlikheid wil gee, gebruik steeds neutrale kleure, maar kies ’n interessante ontwerp. Loft-boekrak R5 040, Weylandts
Deur Sixth Floor, R1 199, Superbalist.com
Hou by natuurlike of neutrale kleure, wit, swart of hout, om jou tuiskantoor ’n formele, profes-sionele gevoel te gee. Benito-boekrak R4 499, Basics


Kry dit hier

@Home 0860-66-66-74; Basics 031-203-5100; Coricraft 011-611-8700, 021-505-6640; Eco Furniture Design 021-827-1336; H&M 086-0690-707; Makro 0860-300-999; MRP Home 0800-212-535; Superbalist.com 086-002-2146; Takealot.com 087-820-5058, 0861-222-989; Victorian Bathrooms 021-761-4850/011-325-5503; Weylandts 086-010-3400; Woolworths 0860-100-987

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.