VYF MOET-HÊ-ITEMS IN HAAR HANDSAK

Sy het tydens die verfilming altyd een of twee kla
Sy het tydens die verfilming altyd een of twee klassieke leerhandsakke byderhand gehad. Foto: Anrie Swan

1. Liproom

liproom
Liproom

Ons het na verskillende provinsies gereis en die klimaat in elkeen is baie anders. ’n Mens se lippe kan baie droog raak.

2. Sonskerm

sonskerm
Sonskerm

Ek glo dis noodsaaklik om ons velle te beskerm. Selfs wanneer jy in ’n motor ry, is dit belangrik om sonskerm te dra, want jy word altyd aan UV-strale blootgestel.

3. Beursie

yellow purse on a white background
Beursie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Ek het bestuur, so dit was belangrik om my rybewys en identiteitsdokument by my te hê. En natuurlik my bankkaart vir wanneer ek langs die pad vir ’n peuselhappie wou stop. 

4. Selfoon

selfoon
Selfoon

Ek doen omtrent al my werk op my selfoon, van e-posse beantwoord tot vliegtuigkaartjies bespreek.

5. Koffiedompelaar

koffiedompelaar
Koffiedompelaar. Foto: Gallo Images/Getty Images

’n Klein dompelaar op die pad was van kardinale belang sodat ek soggens kon wakker word.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe