FYN HARE

Sagte, ligte krulle is wat dié stileerder jou sal gee. Danksy die ligte lugvrystelling verskaf dit volume aan selfs die fynste hare.

BaByliss Airstyler R405

KORT HARE

Dié haartang het dun wande wat geskik is vir kort hare of wanneer jy net die wortels van die hare wil stryk.

Toni&Guy Slim Definer Straightener R405

GROENTJIES

Met enige ander toestel verg dit ’n sekere vlak van vaardigheid om hare te krul, maar met dié wondertoestel doen jy net ’n seksie hare op ’n slag, en die tang doen die res.

BaByliss Curl Secret Ionic R1 819,99

VAAL HARE

Hierdie krultang word gebruik om stywe krulle of golwe met minder hitte te skep. Die tang voeg glans by – ideaal vir vaal hare.

Glampalm Magic Wand Curler R2 100

PLAT HARE

Hou jy van stywe krulle wat jy vir ekstra volume kan uitborsel? Die klamp klem die hare vas terwyl jy die hare daarom draai.

Revlon Perfect Heat Curling Tong R399

KROESHARE

Dié verhitte borsel het keramiekhare wat growwe of kroeshare help glad stryk. Dit werk ook goed om jou hare mee op te knap wanneer jy haastig is.

BaByliss Heated Smooth Brush R715

WEERBARSTIGE HARE

Dit ontkoek en droog hare met die warmlugvrystelling. Jou hare moet dalk steeds agterna gestileer word.

Revlon Perfect Heat Perfectionist 2-in-1 Dryer Brush R575

DIK HARE

Dié professionele haartang sorg vir sysagte, reguit hare met elke haal. Dis ideaal vir dik hare, want die breë plate stel jou in staat om vinnig te stileer.

Revlon Perfect Heat Perfectionist 2-in-1 Dryer Brush R575

VEELDOELIGHEID

Die ghd Aura-droër bied vinnige droogtyd, wat beteken jy kan jou hare stileer terwyl jy dit droogmaak.

GHD Aura Dryer R2 299


Kry dit hier:

Babyliss (Clicks 0860-254-257); Elchim elchim.co.za; ghd 0860-109-366; Glampalm glampalmhair.com; Revlon 011-971-0812; Toni&Guy (Clicks 0860-254-257)

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskafferS nie verantwoordelik gehou kan word nie.