Dis die tyd van die jaar dat ons seker die meeste tyd buite deurbring: pieknieks, see- of swembadkuiers en staptogte. Maar die hitte veroorsaak ’n hele paar velsorg- en skoonheidsprobleme. Hier is maklike oplossings vir algemene somersorge.

SONBRAND

Ongelukkig gebeur dit alte maklik in die somer.

Jy ontspan langs die swembad en vergeet om weer sonskerm aan te smeer. Nou is jy gaar gebrand en sal jy binnekort begin afdop. Smeer ’n strelende násonproduk aan al die rooi plekke.

Wanneer die rooiheid of ontsteking weg is, skilfer die vel sagkens af om van dooie velselle ontslae te raak. Gebruik ’n bevogtiger met strelende kenmerke, soos aloe vera. En onthou volgende keer die sonskerm!

Vaseline Intensive Care Spray Moisturiser Aloe Soothe R89,99
Nivea Sun Moisturising After Sun Spray with Aloe Vera R69,99

SANDAALVOETE

Dis sandaaltyd, maar nou word jou voete aan vullis en son blootgestel, en gou-gou lyk hulle slordig. Gebruik ’n voetvyl of puimsteen om van droë, eelterige vel aan jou voete ontslae te raak. Gebruik dan ’n skropmiddel om klaar te speel met dooie velselle. Eindig met bevogtigende voetroom of -olie.

WENK

Wend ’n voetmasker een maal per week aan vir uitstekende ekstra bevogtiging.

Skin Republic Foot Active Foot Mask R46,99
Kroko Heel Balm R56
Pienk Pylones-voetvyl R199,95

AKNEE

Sweet tesame met olierige produkte, soos sonskerm, kan jou vel in die somer meer puisies laat ontwikkel. Kies ’n olievrye sonskerm met die woorde “mattifying” (gee ’n mat voorkoms) of “non-comedogenic” (verstop nie porieë nie) op die etiket.

WENK

As jy heeldag buite was, was jou gesig goed sodra jy tuiskom om ontslae te raak van die sonskerm en olie.

Eucerin Sun Gel-Creme Oil Control Dry Touch Sun Fluid Mattifying SPF 50 R214,99
Eau Thermale Avène High Protection Cleanance Sunscreen Mattifying SPF 30 R229,95

GRIMERING EN DIE HITTE

  • In die somer is minder meer. Swaar onderlaag sal jou taai laat voel. Kies ligter bedekking, soos BB- of CC-room.
  • As jy jou grimering heeldag wil laat aanbly, gebruik ’n basislaag of grimeringsetsproei.
  • Wat jou oë betref, kies waterbestande maskara, want dis minder geneig om te loop.
Maybelline SuperStay 24 Makeup-locking Setting Spray R149,95
Catrice Glam & Doll False Lashes Mascara Waterproof R79,95
Juliette Armand Color Control Cream R605

KRY DIT HIER 

CATRICE (DIS-CHEM 0800-201-170); EAU THERMALE AVÈNE (CLICKS 0860-254-257); EUCERIN 0860-102-091; JULIETTE ARMAND 011-033-0500; KROKO (DIS-CHEM 0800-201-170); MAYBELLINE 0860-102-491; NIVEA 0860-102-091; PYLONES PYLONES.CO.ZA; SKIN REPUBLIC (DIS-CHEM 0800-201-170); VASELINE 0860-572-861 BRONNE: ALLURE.COM, MADISON-REED.COM, STYLECASTER.COM, WEBMD.COM, WIKIHOW.COM

LET WEL

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.