Dit was op 9 Augustus 2019, Vrouedag hier in Suid-Afrika, toe die boorling van Sidwadweni in die Oos-Kaap 16 ander deelnemers uitgestof het om met dié gesogte titel weg te stap. 

“Dit het nog nie ingesink nie, ek dink dit sal eers môreoggend insink. Jy kom hier met ’n doel en die doel is om te wen en as jy wen, verander jou hele wêreld. Dis oorweldigend, maar in ’n goeie manier,” het sy kort ná die aankondiging aan Huisgenoot vertel.

View this post on Instagram

Ahhhh Dlangamandla! To the best dad in the entire Universe??. I have so many stories to tell about my dad but today I'll tell you this one. Once my dad tried to call me and I was busy so I missed his call. He called my chaperone and then proceeded to call my boss at the time, the director of Miss SA. At this point so many people are blowing up my phone so I stop to return his call because now I'm panicking thinking something must have gone wrong at home. I call him and he says "MamTolo, I just wanted to check if you got the joke I sent you on whatsapp" You guys, he was calling me for the 3rd time that day. You should have seen how I ran out of that studio to call him back thinking it was a matter of life and death ??. And it's not even just me, he does this to all of my sisters and keeps the same energy! To be fair though he's returning the favor. When I was a kid, I used to keep a container of 50cent coins reserved specially for him. He worked far in the big city (Cape Town) so whenever I got a distinction and a star for a test I would run so fast to the public phones to call him to tell him about how I had made top 3 in my 4th grade class. I loved to hear the pride in his voice just as much as I still do now. Happy Father's Day Tolo! Vumba lempongo liyanuka?

A post shared by Zozibini Tunzi (@zozitunzi) on

Ná dié groot aand het die land vier maande later vierkant agter Zozi gestaan. Daar was trane van blydskap en vroue en jong meisies regoor Suid-Afrika en die wêreld het inspirasie geput uit die sout-van-die-aarde skoonheidskoningin. 

Leierskap in vroue lê na aan Zozi se hart en dit was haar antwoord tydens die Mej. Heelal vraag-en-antwoordsessie wat talle beïndruk het.

KYK DIT WEER HIER

Weens die covid-19-pandemie verloop Zozi se jaar op die Mej. Heelal-troon nie volgens plan nie, maar sy wil geskiedenis maak. Die langbeenskoonheid woon tydens die inperking in New-York en sy vermaak aanhangers reg oor die wêreld met haar engelstem en mooi foto’s.

Hoewel Zozi vroeër in ’n video-onderhoud vanuit haar woonstel in New-York vertel het hoe moeilik dit vir haar was om tydens die wêreldpandemie so ver van haar geliefdes te wees, moes sy haarself optel en die dag met nuwe moed aanpak. 

“Ek moes myself regruk, my gesig grimeer, in die spieël kyk en sê: ‘Ja, natuurlik is dit sleg. Maar dis nie die einde nie. Dit is waarvoor jy baklei het, onthou jy?’ Toe het die wolke in my gemoed ook begin opklaar. Ek het besef ons leef in ’n digitale era – dat ek nou meer mense as met enige toer kan bereik, dat ek geskiedenis kan help maak.”

Zozi het aanhangers ook tydens die inperking met haar goue stem vermaak. 

Met die inperkingsmaatreëls wat wêreldwyd verslap is, het Zozi aanhangers Maandag verras en laat weet dat sy vir ’n kort ruk weer terug op eie bodem is.

Zozi, geklee in ’n ontspanne uitrusting en pragtige pienk kopdoek, was toe voor die kospotte. Sy het haar gesin met ’n heerlike afvalgereg bederf wat sy op die vuur berei het. 

By die foto skryf sy: “Al is dit vir ’n kort ruk - om by die huis te wees sal altyd my siel herstel. Ná so ’n lang tyd huil ons trane van blydskap, voel liefde, warmte, ondersteuning en ons sing liedere.”

Zozi en haar ouers deel 'n hegte band en sy meen dis danksy hulle dat sy is waar sy vandag is. “Ons is ongelooflik na aan mekaar, en die afstand is vir ons soms onuithoudbaar,” erken Zozi. “Maar ons praat minstens een keer per dag. Hulle is steeds my álles – die rede waarom ek vandag hier is waar ek is.” 

Hoewel die Oos-Kaapse vrou ’n glansryke lewe oorsee leef, is haar wortels diep geplant. Sy inspireer ook met haar klerekas.

Ons kyk na 10 van ons gunsteling mode-oomblikke sedert sy op die troon is. 

1. Die ikoniese groen doek

2. Die onvergeetlike blinkerrok waarin sy as Mej. Heelal gekroon is

3. Die asemrowende Biji La Maison-aandrok

4. Haar Aspoestertjie-oomblik

5. Die militêre katpak

6. Geel godin

View this post on Instagram

??????

A post shared by Zozibini Tunzi (@zozitunzi) on

7. Strand-gereed!

8. Natuurlike skoonheid

9. Sy weet hoe om ’n pak te dra! 

10. Sexy in silwer

Veels geluk, Zozi!

Ekstra bron: Instagram