DIE BOSKIND 

Die gr. 5-leerder aan die Laer­skool Jan van Riebeeck in Kaapstad is nou op die silwerdoek te sien in die nuwe fliekweergawe van Dalene Matthee se bekroonde roman Fiela se kind. 

chiara roodt,aktrise,fiela se kind
Chiara as die jong Nina in Fiela se kind. Foto: Fathom Media

“Nina is ’n boskind, en daarom moes ek baie aan my taal en aksent werk,” sê Chiara (11). Melissa Willering (21), wat vroeër Chrissie Bekker in Getroud met rugby was, is die ouer Nina.

FAMILIEBANDE     

Sy wou nog altyd ’n aktrise word, en Fiela se kind is haar eerste keer op die grootskerm. 

Sy is die oudste van Celeste (43) en Ernst Roodt (44) se twee spruite. Sy het ’n kleinboet, Kai-Daniel (9). 

Haar ouers ry haar gereeld rond vir oudisies en help haar graag haar woorde leer.

MODELWERK 

Chiara hou ook haar lyf model vandat sy vyf was. Sy was al in talle plaaslike en internasionale advertensies te sien – onder meer in Checkers se Little Garden-advertensie en vir die Franse kinderklerereeks Tape a l’Oeil. 

Wanneer sy as gevolg van ­modelwerk of toneelspel skool misloop, haal sy haar skoolwerk altyd in. 

STERRE NET WAAR JY KYK 

Op die stel het sy dit geniet om uit te hang saam met Luca Bornman, wat die jong Benjamin Komoetie speel, en sy is ’n groot aanhanger van die Binnelanders-aktrise Cindy Swanepoel, wat die rol van Barta van Rooyen vertolk.

Die akteurs wat te sien is in die nuwe fliekweergawe van Fiela se Kind. Foto: Jacques Stander

GROOTSTE LESSE 

Haar ouers het haar geleer om hard te werk en dankbaar te wees vir haar God­gegewe talente, vertel sy. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.