1. Stoor potte

Gebruik dié wenk as jy van jou kop af raak elke keer as jy ’n kombuiskas oopmaak en vaskyk teen berge potte wat moeilik is om uit te haal. Maak ’n handdoekreling in jou kombuis vas en gebruik dan S-hake om potte en panne daaraan te hang.

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

2. Orden jou laai

Knip leë papbokse middeldeur en gebruik dit as verdelers om deurmekaar laaie te orden. Jy kan die bokse met geskenkpapier oortrek as jy jou laaie wil laat mooi lyk.

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

3. Hou kabels georganiseer

Versier en merk toiletrolbuisies, draai die kabels op en druk dit binne-in.

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

4. Skoensakke as bêreplek

Hang skoensakke agter deure om enigiets van speelgoed tot sokkies, skoonmaakmiddels en selfs skryfbehoeftes in te bêre. Dit is veral nuttige bêreplek vir kleiner speelgoed, kunsvoorraad en skoonmaakmiddels in jou kinderkamers. 

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

5. Stal speserye teen yskas uit

Pleks van droë speserye en kruie in kaste wegsteek, stal dit liewer teen die yskas uit deur magnete te gebruik. Jy kan al jou gunstelingspeserye in kompakte plastiek- of metaalhouers bêre. Gebruik dan magneetband vir klein houers of plak individuele magnete aan swaarder houers vas. Trek bloot die houer van die yskas af wanneer nodig en plaas dit terug wanneer jy daarmee klaar is.

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

6. Spanrelings is 'n wenner

Spanrelings is ’n nuttige en vinnige bêreplekoplossing. Gebruik dit om rye skoene in jou klerekas op te stapel, spuitbottels in die skoonmaakkas te bêre of ’n plek te skep om kleiner flesse in jou kruidenierskas te pak. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.