Jou huis is die plek waar jy weer tot jou sinne kom – jou toevlug van die buitewêreld. 

Maar kom ons wees eerlik, jou huis kan ook vol slegte reuke wees; kos, voete, badkamerwalms, sweterige klere.

Hier is 'n paar eenvoudige, goedkoop maniere om te sorg dat jou plek altyd vars ruik.

Koerant en asyn

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Piesangskille en oorskietblikkieskos gemeng met ou uie kan 'n aaklige reukkombinasie in jou vullisblik afgee en die klankies sweef die kombuis binne elke keer wanneer jy die pedaal trap of die deksel oplig. 

Rol 'n ou koerant op, doop dit in asyn en gooi dit in die vullissak. Die koerantpapier sal enige goor reuk ab­sorbeer. Die asyn sal ook bakterieë doodmaak – twee vlieë met een klap.

Koffiemoer

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Laat jou huis altyd so aanloklik soos 'n skouhuis ruik deur koffiemoer in koppies te hou en dit oral­oor te pak. 'n Paar druppels vanieljegeursel in 'n piering verrig ook wonders. 

Vlugtige olies

Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

Vlugtige olies tot die redding! Spat 'n paar druppels aan die binnekant van 'n toiletrol om reuke in die badkamer te help uitskakel.

Kryt-kryt die vog is uit

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Dit het al met ons almal gebeur: Jy onthou 'n ou rok of jas wat al 'n rukkie in jou kas hang en dink dit sal lekker wees om dit 'n slag weer te dra. 

Die enigste probleem is daardie muwwe reuk. Vermy dié teleurstelling deur verskeie stukke bordkryt in ’n lapsakkie toe te draai en dit in jou klerekas te hang. Die kryt sal vog absorbeer en muwwe reuke voorkom. 

Suurlemoene

Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Suurlemoene is goud werd. Dit neutraliseer vele reuke, onder meer dié van vis en knoffel. Vryf 'n gesnyde suurlemoen oor werkoppervlakke en snyborde nadat jy jou maaltyd berei het – en vryf dit sommer oor jou hande ook. 

Gegeurde kerse

Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

Gegeurde kerse sal ook jou plek lekker laat ruik. Dié maklike plan is nog 'n wonderlike manier om jou woning in 'n lieflike aroma te hul: Verhit 'n groot kastrol water oor matige hitte. Voeg 'n gekapte suurlemoen, 'n paar takkies roosmaryn en 15 ml (1 e) vanielje­geursel by en laat minstens 2 uur prut. 

Selfdoenverfrissers

Bakpoeier is 'n goeie reukdoder 

Benodigdhede:

  • 125 ml (½ k) bakpoeier
  • 20 druppels vlugtige olie van jou keuse (laventel, ilang-ilang of roos)
  • glasfles
  • dun materiaal/gaas om die fles te bedek 

Meng die bakpoeier en olie in die fles en verseël met die materiaal – dit sal die inhoud inhou terwyl die geur ontsnap.

Wodka is nog 'n reukneutraliseerder

Benodigdhede:

  • spuitbottel
  • 200 ml water S45 ml (3 e) wodka
  • 20-30 druppels vlugtige olie van jou keuse 

Vul die spuitbottel driekwart met water. Voeg die wodka en olie by. Skud goed en spuit die reuke weg.

  • Bronne: womensweekly.com, goodhousekeeping.co.za, youtube.com, bodyunburdened.com, lifehacker.com
  • Ons doen ons bes om goeie raad saam te stel, maar jy beproef dié wenke op jou eie risiko. Huisgenoot aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige skade of besering wat daardeur veroorsaak is nie.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.