Herwin seep

Ter illustrasie
Ter illustrasie

Moenie ou seep weggooi nie. Gebruik dit om nuwe seep te maak wat jou badkamer sal verfraai en wonderlike geskenke kan wees.

Benodighede

Ou stukkkies seep, 'n polistireenhouer (of enige mikrogolfbare houer) en 'n mes.

Metode

  • Kap die seep in stukkies – hoe kleiner, hoe beter. Plaas dit in die houer en voeg genoeg water daarby om dit te bedek.
  • Plaas vir sowat 30 sekondes in die mikrogolfoond, maar hou dit dop. Skakel die mikrogolf dadelik af sodra jy die seep by die koppie uit sien rys.
  • Voeg vlugtige olies by om die seep te geur en sade vir tekstuur. Of voeg 'n druppel of twee koskleursel by om die kleur te verander.
  • Plaas die seepmengsel in 'n gietvorm van jou keuse en laat staan tot die seep solied is (sowat 10 uur).

Bespaar ruimte

Ter illustrasie
Ter illustrasie

Ruimte is dikwels beperk in badkamers en dis moeilik om plek vir al jou bottels en flessies te kry.

Hier is 'n wonderlike wenk: Installeer 'n tweede stortgordyn in jou stort, heg gordynhake daaraan en hang klein plastiekmandjies aan die hake om jou ditjies en datjies in te bêre.

Bêreplek vir handdoeke

Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

Wil jy jou gaste beïndruk wanneer hulle jou badkamer gebruik? Omskep ’n wynrak in ’n houer vir opgerolde handdoeke of waslappe. ’n Laag wit verf of enige kleur wat by jou badkamer pas, sal dit splinternuut – en alte spoggerig – laat lyk.

Hang daai borsels

Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

Moenie jou plastiekbotteldoppies weggooi nie – jy kan nuttige tandeborselhouers daarmee maak. 

Gebruik 'n bokssnyer om 'n klein kerfie in die doppie te maak waarin die tandeborsel pas en plak die doppie met gom teen die muur vas vir 'n nuwe tuiste vir jou tandeborsel.

Doodmaklike rakke

Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

Draadmandjies is uitstekende sweefrakke vir toiletpapier, handdoeke en ander noodsaaklikhede. 

Jy benodig net 'n boor, 'n paar skroewe, muurankers en wassers, en siedaar: Jou badkamer spog met 'n stylvolle ruimte­bespaarder.

Maak 'n seephouer

Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

'n Spons is 'n goeie alternatief vir 'n smerige ou seephouer.

Benodighede

'n Spons, papiermes, skêr en seep.

Metode

  • Kry 'n groot spons – groter as die koekie seep wat jy wil bêre. Sny om die hoeke om dit gerond te maak as jy wil.
  • Plaas die seep op die spons om te meet hoe groot die gat moet wees. Gebruik 'n papiermes om al langs die rand van die seep te sny.
  • Dop die rande van die spons na buite om die binnekant by te kom, en sny die binnekant weg met 'n skêr tot die onderkant plat is. Plaas die seep daarin.

  • Bronne: youtube.com, lifehack.org, huffingtonpost.co.za, buzzfeed.com, instructables.com
  • Ons doen ons bes om goeie raad saam te stel, maar jy beproef dié wenke op jou eie risiko. Huisgenoot aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige skade of besering wat daardeur veroorsaak is nie.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.