Die winterlug is straf op die vel en laat dit uitdroog. Dis hoekom dit in die kouer seisoene vatbaarder is vir plooie. Volg dié wenke om te verhoed dat jou vel uitdroog.

1. Halveer jou tyd in die stort

  • Hoe langer jy stort, hoe meer van jou vel se natuurlike olies word gestroop.

2. Skrop minder

  • Dit kan jou vel droog, geïrriteerd en sensitief maak. Skrop met ’n ligter skropmiddel en bevog onmiddellik ná jou stort. Dis belangrik om die vog vas te vang terwyl jou vel nog klam is.
gesig was
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

3. Hope vitamien C 

Wend Vitamien C aan jou vel vir ‘n stralende, gesonde gelaat.

lemoene
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

4. Vogroom is noodsaaklik 

  • Vervang jou olievrye sepe en vogrome. Gebruik olieserums op jou gesig – dis lig, absorbeer goed in die vel en is nie olierig nie. Vir jou lyf moet jy die etiket lees en vogrome met bygevoegde gliserien en olies gebruik.
  • Moenie bevogtiging afskeep nie. Voeg sowat 5 tot 10 ml van die olie van jou keuse by jou lyfroom van 750 ml.
  • Jou lippe moet ook versorg word. Hulle word meer blootgestel aan en is sensitief vir koue. Hou te alle tye ’n lipsalf of petroleumjellie by jou om aan jou lippe aan te wend.
vrou
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

5. Hidreer 

Ons weet dis nie maklik om water te drink in die winter nie, maar jy moet mik om minstens 2L of 8 glase water per dag te drink. As jy daarmee sukkel, drink dan eerder tee.

  • Koeler lug is droër en lugverkoelingstelsels kan ook die lug rondom ons uitdroog. Kry ’n bevogtiger om die vog in die lug te balanseer.
  • Kies produkte met bevogtigende eienskappe. Dit sal dikwels so op die verpakking aangedui word.
  • Dit is ook belangrik om goeie velsorgprodukte wat hidrerend vir die vel is, te gebruik. Dit sal nie net ‘n groot verskil aan die voorkoms van jou vel maak nie, dit sal ook plooie voorkom. 
room
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

6. Gesonde dieët 

Met die koeler weer is mens nie aldag lus om gesond te eet nie, maar dis belangrik vir jou vel se gesondheid. Volgens BBCgoodfood.com is dit belangrik om mono- en poli-onversagdigde vette in te neem. Dit kom voor in kosse soos avokadopere, neute en sade en ook olierige vis. 

  • Die koskoorte speel die rol van ‘n natuurlike bevogtiger vir jou vel en hou die vel soepel en gesond. Die kossoorte het ook ‘n gesonde dosis vitamien E wat sal help om die vel teen skade te beskerm. 
groente
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

Ekstra bronne: Skinscience.md, BBCgoodfood.com