Sitrus as beginner

Plant saailinge in suurlemoen- of ­lemoenskille. Steek gaatjies onderin vir dreinering en sit jou saadbeginmengsel in. Die skille biogradeer later en voed die grond.

Ter illustrasie. Foto: Instagram
Ter illustrasie. Foto: Instagram

Beter as 'n leë dop

Moenie leë eierdoppe weggooi nie – jy kan dit as potjies gebruik om saai­linge aan die groei te kry. Spoel die eierdoppe deeglik uit en plaas dit in 'n eierboks om droog te word. 

Ter illustrasie. Foto: Instagram
Ter illustrasie. Foto: Instagram

Steek dan met 'n sosatiestokkie of steekpen gate in die onderkante en sit die grond en saad daarin. Wanneer die saai­linge genoeg gegroei het om uitgeplant te word, plant dit saam met die ­doppe. Dit sal kompos vorm en die grond 'n kalsium-inspuiting gee.

Toiletpapierbuise

Toiletpapierbuise word van 'n bio­afbreekbare materiaal gemaak en is perfek vir gebruik in die tuin. 

Ter illustrasie. Foto: Instagram
Ter illustrasie. Foto: Instagram

Vou bloot die kante van een punt van 'n buis binnetoe sodat die onderkant geseël is. Wanneer die grond en saai­linge in is, plaas die buis in 'n waterdigte houer en gooi dit goed nat.

Water uit wynbottels

Spoel 'n leë wynbottel deeglik uit. Vul dit met water, sit die kurk weer in (maak seker dis stewig) en druk 'n sosatiestokkie of steekpen deur die kurk. 

Ter illustrasie. Foto: Instagram
Ter illustrasie. Foto: Instagram

Plaas die bottel onderstebo in jou plantpot. Die water sal stadig uitsypel en die grond klam hou op warm, droë dae of wanneer jy vir die naweek weggaan.

Nie net vir baba nie

Voer die bodem van plantpotte met babadoeke uit – met die absorberende kant na bo – voor jy potgrond byvoeg. Die doeke sal die grond help vog behou en keer dat water onder uitdrup. Dié plan is nuttig vir hang­mandjies en vlak potte. 

Koffieblaaskans

Plaas 'n koffiefilterpapier onder die grond in jou pot om dreinering te vertraag. Water sal steeds uitkom, maar die grond sal meer tyd hê om dit te absorbeer.

Melkbottel-wonder

Herwonne plastiekmelkhouers werk goed as spaarsame waterkanne. Herbenut gebruikte melkhouers deur 'n naald te verhit en dan gate in die doppie te steek sodat water vrylik kan deurvloei. 

Ter illustrasie. Foto: Instagram
Ter illustrasie. Foto: Instagram

Die houers is een­voudig om te vul, te dra en mee nat te gooi, en jy kan die grootte van die gaatjies aanpas na wat die verskillende dele van jou tuin nodig het. 

Kweekhuiseffek

Ou plastiekmelkhouers kan ook gebruik word om kleiner buiteplante te isoleer en sodoende mini-­kweekhuise te skep. Knip bloot die bo- en onderkante van gebruikte melkhouers met 'n skêr af en plaas dit dan oor jou plante. Pak die houers vas met ’n bietjie grond om die kante. 

Troeteldierbeheer

Gebruik troetel- en ander diere jou tuin as toilet?

Plant plastiekvurke om hulle af te skrik. Dit lyk dalk 'n bietjie vreemd, maar die plastiektande sal beslis diere-indringers weghou.  

  • Bronne: telegraph.co.uk, spaceshipsandlaserbeams.com, hobbyfarms.com, balconygardenweb.com, youtube.com, 17apart.com
  • Ons doen ons bes om goeie raad saam te stel, maar jy probeer dié wenke op jou eie risiko. Huisgenoot aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige skade of besering wat daardeur veroorsaak is nie.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe