Silikoonsponse

Dit is die jongste moethê-produk op die skoonheidstoneel.

Die silikoonkussinkies is met ’n dun laag plastiek bedek wat dit makliker maak om te gebruik, want dit gly egalig oor die vel. Anders as tradisionele sponse absorbeer dit glad nie produkte nie; dus is daar geen vermorsing nie.

Dit is ook veelsydig. Anders as normale sponse kan jy dit gebruik om ’n voorbereidingslaag aan te wend en dit is vir vloeibare sowel as poeieronderlaag geskik.

Nordik Beauty Deluxe Silicone Makeup Sponge Blender R79
Essence Super Sili Make-Up Pad R64,95
Beauty Trend Raindrop Silicone Sponge (pak van 2) R125


Skakeersponse

’n Paar variasies is te kry, maar die sponse is gewoonlik soos ’n traandruppel gevorm, met ’n ronder onderkant en ’n skerp punt. Die hoofdeel van die spons word gebruik om onderlaag of verbloemer in te skakeer.

Die punt skakeer grimeermiddels by knap hoekies in, soos die binnekante van jou oë en die hoeke van jou neus.

Beauty Trends Flat Drop Blending Sponge Set (pak van 3) R195
Real Techniques Miracle Diamond Sponge R200
WBeauty Blending Sponge R110

Kontoersponse

Dié een lyk soos ’n uurglas en bult aan die bo- en onderkant uit.

Dit kan ’n plat of gepunte bokant met ’n skuins rand of ’n skerp punt hê. Wend jou ligter kontoerproduk aan die bokant van die spons aan en die donkerder produk aan die onderste helfte.

Rol dit oor die area waar jy kontoere skep om die produk aan te wend. Gebruik die plat deel van die spons om in te skakeer en die punt om tot in die oogarea te verhelder en in knap hoekies uit te kom.

Essence Super Beauty Sponge R64,95
Black Up Contouring Sponge R340
BYS Precision Sponge R105

Maak jou spons so skoon

As jy jou spons gereeld gebruik, moet jy dit elke vier dae skoonmaak.

  • Gebruik gesigreiniger en warm water en druk die spons om van ou produk ontslae te raak.
  • Silikoonsponse is veel makliker om skoon te maak.
Skoonheidswenk
Gebruik ’n silikoonhandskoen om enige vuilheid of oorblywende produkte van jou sponse af te skrop. 
BeautyBlender Keep.It.Clean Cleansing Mitt R590

Skoonheidsmiddels pak nie op die kussinkie aan soos met ander sponse nie. Gebruik net jou gesigreiniger en spoel uit.

Al maak jy jou sponse getrou skoon, kan jy dit nie vir altyd hou nie. Gooi dit ná ses maande weg as jy dit gereeld gebruik.

Kry dit hier

BeautyBlender samika.co.za; Beauty Trends takealot.com; Black UP (Edgars 0800-203-925); BYS zando.co.za; Essence (Clicks 0860-254-257); Nordik takealot.com; Real Techniques (Clicks 0860-254-257); WBeauty 0860-022-002

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie. 

Ekstra bronne: Allure.com, Lifestyle.howstuffworks.com