Afkortings

adl – agter deur lus

alt – alternatiewe

aw – aweregs

beg – begin

gl – glip

her – herhaal

K4A – kabel 4 agter: gl vlg 2 ste op kabelpen agter werk, r2, r die 2 ste van kabelpen

K4V – kabel 4 voor: gl vlg 2 ste op kabelpen voor werk, r2, r die 2 ste van kabelpen

ks – koussteek

M1 – maak 1 st: tel die lus tussen die laaste st wat gebrei is en die vlg st op die linkerbreipen en brei agter in die lus

pat – patroon

r – regs

rek – reksteek

rif – riffelsteek

RK – regte kant

st(e) – steek(steke)

tes – tesame

vermeer – vermeerder (ing)

vermin – verminder (ing)

VK – verkeerde kant

vlg – volgende

GROOTTE

Let wel: Dié patroon is ontwerp vir van ’n pasgebore baba tot ’n jong kind. SPas vir ouderdom 0-9 maande (9-18maande; 18-24maande; 3-4jaar; 5-7jaar)

  • Pas vir borsmaat 41-46 (46-51; 51-56; 56-61; 61-66) cm
  • Werklike rondommaat 52 (54; 63; 66; 70) cm
  • Lengte van skouer af 28 (31; 38; 47; 52) cm
  • Moulengte 17 (20;24;29;33) cm

BENODIGDHEDE

Let Wel: Die baadjie op die foto is met ’n spesiale baba-aranbreidraad gebrei. Stylecraft het ver-skeie verskaffers in die land. Gaan na www.stylecraft-yarns.co.uk en klik op “international stockist” om jou naaste verskaffer op te spoor.

  • 2 (2; 3; 4; 4) x 100 g-bolle Stylecraft Special for Babies Aran in Baby Denim kleur no. 1264 S4 mm- en 5 mm-breipenne
  • Kabelpen
  • 5 knope

BREIDRAADINLIGTING

Stylecraft Special Baby Aran-breidraad is 100% akriel en ’n standaarddikte aran, met 184 m op ’n 100 g-bol. As jy nie dié breidraad kan kry nie, kan jy Elle Classic Wool Aran gebruik, wat 80% akriel en 20% wol is en te kry is in 100 g-bolle met 150 m op ’n bol.

Of jy kan Elle Cottonnette gebruik, wat ’n vermenging van 68% katoen en 32% akriel is en te kry is in 100 g-bolle met 157 m op ’n bol.

Of gebruik Elle Pure Gold Chunky, wat ’n baie dun chunky-breidraad is, 100% sagte akriel is en te kry is in 100 g-bolle met 125 m op ’n bol.

Al dié alternatiewe breidrade is in ’n groot reeks kleure beskikbaar met denimblou as een van die kleure.

Dit is ’n goeie plan om die patroon saam te neem na die breidraadwinkel wanneer jy die breidraad vir dié baadjie kies, en kyk ook na die dikte van die breipenne wat aanbeveel word, sowel as die getal meter op die breidraad- etiket.

Dit is raadsaam om ’n toetslappie te brei van die breidraad wat jy gekies het om seker te maak die spanning wat vir die patroon gegee word, is reg.

SPANNING

18 ste en 24 rye = 10 cm oor ks met 5 mm-breipenne.

17 ste en 26 rye = 10 cm oor pat met 5 mm-breipenne.

Let wel: Aanwysings vir die kleinste grootte word gegee, met die groter groottes tussen hakies (); waar net een getal gegee word, verwys dit na al die groottes.

VOOR JY BEGIN

Dié patroon is vir vyf groottes ontwerp. Voor jy begin brei, om- sirkel die grootte wat jy gaan brei deurgaans met ’n potlood.

AGTERPANT

Let wel: Daar is geen mousgat- fatsoenering in die patroon nie.

Stel 54 (58; 66; 66; 74) ste op met 4 mm-breipenne.

Brei in dubbelrifpat soos volg:

1e ry (RK): r2, * aw2, r2; her van * tot einde.

2e ry: aw2, * r2, aw2; her van * tot einde.

Dié 2 rye vorm die rifpat. Brei nog 4 rye in rif.

Vlg ry – vermin-ry (RK): r5 (4; 4; 8; 6), r2 tes, [r5 (4; 5; 6; 4), r2 tes] 6 (8; 8; 6; 10) keer, r5 (4; 4; 8; 6) [47 (49; 57; 59; 63) ste].

Gaan oor na 5 mm-breipenne. Vlg ry (VK): aw. Beg met ’n r-ry, brei in ks tot werk 13 (15; 20; 27; 30) cm van die beg is, eindig met ’n RK-ry.

Gaan oor na 4 mm-breipenne. Vlg ry (VK): r. Brei nog 2 rye in rek (elke ry r). Dit sal ’n riffie vorm om die beg van die skouerstukpat aan te dui.

Gaan oor na 5 mm-breipenne. Brei skouerstuk soos volg: 1e ry (RK): [aw1, r1 adl] 2 (2; 4; 4; 5) keer, aw1, r8, [aw1, r1 adl] 10 (11; 11; 12; 12) keer, aw1, r8, aw1, [r1 adl, aw1] 2 (2; 4; 4; 5) keer. 2e ry: r5 (5; 9; 9; 11), aw8, r21 (23; 23; 25; 25), aw8, r5 (5; 9; 9; 11). 3e ry: [aw1, r1 adl] 2 (2; 4; 4; 5) keer, aw1, K4A, K4V, [aw1, r1 adl] 10 (11; 11; 12; 12) keer, aw1, K4A, K4V, aw1, [r1 adl, aw1] 2 (2; 4; 4; 5) keer. 4e ry: brei soos 2e ry.

Dié 4 rye vorm die kabel- en rifpatrone. Brei in pat verder tot die werk 27 (30; 37; 46; 51) cm van die beg is, eindig met ’n VK-ry.

Fatsoeneer skouers: Heg 8 (8; 10; 9; 10) ste in pat af aan die beg van vlg 2 rye [31 (33; 37; 41; 43) ste].

Heg 8 (8; 10; 10; 11) ste in pat af aan die beg van vlg 2 rye [15 (17; 17; 21; 21) ste]. Heg oorblywende 15 (17; 17; 21; 21) ste in pat af vir halsrand in middel-agter.

LINKERVOORPANT

Stel 27 (27; 31; 31; 35) ste op met 4 mm-breipenne. Brei in dubbelrifpat soos volg:

1e ry (RK): * r2, aw2; her van * tot by laaste 3 ste, r2, aw1.

2e ry: r1, * aw2, r2; her van * tot by laaste 2 ste, aw2.

Dié 2 rye vorm die rifpat. Brei nog 4 rye in rif.

Vlg ry – vermin-ry (RK): r2 (5; 6; 6; 4), r2 tes, [r3 (5; 6; 6; 4), r2 tes] 4 (2; 2; 2; 4) keer, r3 (6; 7; 7; 5) [22 (24; 28; 28; 30) ste].

Gaan oor na 5 mm-breipenne, beg met ’n aw ry en brei in ks tot werk 13 (15; 20; 27; 30) cm van die beg is, eindig met ’n RK-ry. Gaan oor na 4 mm-breipenne.

Brei 3 rye in rek.

Dit sal ’n riffie vorm om die beg van die skouerstukpat aan te dui.

Gaan oor na 5 mm-breipenne. Brei skouerstukpat soos volg: 1e ry (RK): [aw1, r1 adl] 2 (2; 4; 4; 5) keer, aw1, r8, [aw1, r1 adl] 4 (5; 5; 5; 5) keer, aw1.

2e ry: r9 (11; 11; 11; 11), aw8, r5 (5; 9; 9; 11). 3e ry: [aw1, r1 adl] 2 (2; 4; 4; 5) keer, aw1, K4A, K4V, [aw1, r1 adl] 4 (5; 5; 5; 5) keer, aw1. 4e ry: Brei soos 2e ry.

Dié 4 rye vorm die kabel- en rifpatrone. Brei in pat verder tot werk 23 (26; 32; 41; 46) cm van die beg is, eindig met ’n RK-ry.

Fatsoeneer hals:

Vlg ry (VK): Heg 4 (6; 5; 6; 6) ste in pat af, pat tot einde [18 (18; 23; 22; 24) ste]. Brei 3 (3; 5; 5; 5) rye en vermin 1 st aan halsrand in vlg en elke vlg alt ry [16 (16; 20; 19; 21) ste].

Brei reguit oor dié ste verder in pat tot werk 27 (30; 37; 46; 51) cm van die beg is, eindig met ’n VK-ry.

Fatsoeneer skouer:

Vlg ry (RK): Heg 8 (8; 10; 9; 10) ste in pat af, pat tot einde [8 (8; 10; 10; 11) ste]. Vlg ry: Brei in pat. Heg oorblywende 8 (8; 10; 10; 11) ste in pat af.

REGTERVOORPANT

Stel 27 (27; 31; 31; 35) ste op met 4 mm-breipenne. Brei in dubbelrifpat soos volg: 1e ry (RK): aw1, * r2, aw2; her van * tot by laaste 2 ste, r2. 2e ry: * aw2, r2; her van * tot by laaste 3 ste, aw2, r1.

Dié 2 rye vorm die rifpat. Brei nog 4 rye in rif. Vlg ry – vermin-ry (RK): r3 (6; 7; 7; 5), r2 tes, [r3 (5; 6; 6; 4), r2 tes] 4 (2; 2; 2; 4) keer, r2 (5; 6; 6; 4) [22 (24; 28; 28; 30) ste].

Gaan oor na 5 mm-breipenne, beg met ’n aw ry en brei in ks tot werk 13 (15; 20; 27; 30) cm van die beg is; eindig met ’n RK-ry.

Gaan oor na 4 mm-breipenne.

Brei 3 rye in rek. Dit sal ’n riffie vorm om die beg van die skouerstukpat aan te dui. Gaan oor na 5 mm-breipenne.

Brei skouerstukpat soos volg:

1e ry (RK): [aw1, r1 adl] 4 (5; 5; 5; 5) keer, aw1, r8, aw1, [r1 adl, aw1] 2 (2; 4; 4; 5) keer. 2e ry: r5 (5; 9; 9; 11), aw8, r9 (11; 11; 11; 11). 3e ry: [aw1, r1 adl] 4 (5; 5; 5; 5) keer, aw1, K4A, K4V, aw1, [r1 adl, aw1] 2 (2; 4; 4; 5) keer.

4e ry: Brei soos 2e ry. Dié 4 rye vorm die kabel- en rifpatrone. Brei in pat verder tot werk 23 (26; 32; 41; 46) cm van die beg is; eindig met ’n VK-ry.

Fatsoeneer hals:

Vlg ry (RK): Heg 4 (6; 5; 6; 6) ste in pat af, pat tot einde [18 (18; 23; 22; 24) ste].

Brei 3 (3; 5; 5; 5) rye en vermin 1 st aan halsrand in 1e en elke vlg alt ry [16 (16; 20; 19; 21) ste].

Brei reguit oor dié ste verder in pat tot werk 27 (30; 37; 46; 51) cm van die beg is; eindig met ’n RK-ry.

Fatsoeneer skouer:

Vlg ry (VK): Heg 8 (8; 10; 9; 10) ste in pat af, pat tot einde [8 (8; 10; 10; 11) ste].

Vlg ry: Brei in pat.

Heg oorblywende 8 (8; 10; 10; 11) ste in pat af.

MOUE (albei dieselfde)

Stel 30 (34; 34; 34; 38) ste op met 4 mm-breipenne. Brei 6 rye in dubbelrifpat soos by agterpant.

Vlg ry – vermin-ry (RK): r5 (3; 3; 8; 5), r2 tes, [r4 (3; 3; 6; 3), r2 tes] 3 (5; 5; 2; 5) keer, r5 (4; 4; 8; 6) [26 (28; 28; 31; 32) ste].

Gaan oor na 5 mm-breipenne, beg met ’n aw ry, brei in ks en vermeer terselfdertyd 1 st aan weerskante in 4e en elke vlg 4e (4e; 4e; 6e; 6e) ry tot jy 30 (32; 34; 39; 38) ste op die breipenne het.

Vermeer nou 1 st aan weerskante in elke 6e (6e; 6e; 8e; 8e) ry tot jy 36 (40; 44; 47; 50) ste op die breipenne het.

Brei reguit oor dié 36 (40; 44; 47; 50) ste verder tot werk 17 (20; 24; 29; 33) cm van die beg is; eindig met ’n VK-ry.

Fatsoeneer moukop: Heg 3 (2; 3; 2; 3) ste af aan die beg van vlg 10 (2; 10; 2; 14) rye [6 (36; 14; 43; 8) ste]. Slegs vir 2e, 3e en 4e groottes: Heg (3; 4; 3) ste af aan beg van vlg (10; 2; 12) rye [(6; 6; 7) ste]. Vir al die groottes: Heg die oorblywende 6 (6; 6; 7; 8) ste af.

LINKERVOORRANDSTROOK

Let wel: Dié patroon is vir ’n seun ontwerp, met die knoopsgate in die linkervoorrandstrook. As jy die knoopsgatstrook vir ’n meisie wil verander, maak dit in die regtervoorrandstrook.

Met RK na voor en 4 mm-breipenne, tel op en r 49 (57; 69; 89; 101) ste eweredig aan linkervoorrand en 5 ste aan die rifrand [54 (62; 74; 94; 106) ste].

Beg met ’n 2e ry van pat en brei in dubbelrif soos by agterpant. 2e ry – knoopsgatry (RK): rif 2, heg 1 st af, [rif 10 (12; 15; 20; 23), heg 1 st af] 4 keer, rif 2. 3e ry: rif 3, stel 1 st op, [rif 11 (13; 16; 21; 24), stel 1 st op] 4 keer, rif 2.

Brei nog 2 rye in rif. Heg al die ste in rifpat af.

REGTERVOORRANDSTROOK

Met RK na voor en 4 mm-breipenne, tel op en r 5 ste eweredig aan rif en 49 (57; 69; 89; 101) ste eweredig aan regtervoorrand [54 (62; 74; 94; 106) ste].

Beg met ’n 2e ry van pat en brei 5 rye in dubbelrif soos by agterpant. Heg al die ste in rifpat af.

KRAAG

Werk die skouernate van die voor- en agterpante met agtersteek aan mekaar vas. Met RK van werk na voor en 4 mm- breipenne – beg en eindig in die helfte van die voorrandstroke – tel op en r 22 (23; 25; 26; 26) ste eweredig aan regterkant van halsrand, tel op en r 18 (20; 20; 26; 26) ste oor die 15 (17; 17; 21; 21) afgehegte ste aan halsrand in middel-agter.

Tel op en r 22 (23; 25; 26; 26) ste eweredig aan die linkerkant van halsrand [62 (66; 70; 78; 78) ste].

Beg met ’n 2e ry van pat, brei 7 rye in dubbelrif soos by agterpant.

8e ry (RK): [r2, aw2] 4 (4; 4; 5; 5) keer, [r1, M1, r1, aw2] 8 (9; 10; 10; 10) keer, r2, [aw2, r2] 3 (3; 3; 4; 4) keer [70 (75; 80; 88; 88) ste].

9e ry: [aw2, r2] 4 (4; 4; 5; 5) keer, [aw3, r2] 8 (9; 10; 10; 10) keer, aw2, [r2, aw2] 3 (3; 3; 4; 4) keer.

10e ry: [r2, aw2] 4 (4; 4; 5; 5) keer, [r3, aw2] 8 (9; 10; 10; 10) keer, r2, [aw2, r2] 3 (3; 3; 4; 4) keer.

Die laaste 2 rye stel die rifpat vas.

Brei nog 4 (6; 6; 8; 8) rye in pat. Heg al die ste in rifpat af.

AFWERKING

Werk alle los breidraadpunte aan agterkant van werk in en knip oortollige breidraadpunte versigtig af. Vou die moue in die helfte en sit die vou op die skouernaat.

Werk die moue vas van die skouernaat af ondertoe tot 12 (13; 14; 15; 16) cm in die skouerstukgedeeltes aan die voor- en agterpante.

Werk die sy- en mounate met matrassteek toe.

Werk knope ooreenstemmend met knoopsgate vas.

Moenie stryk nie, want dit sal die tekstuur van die patroonsteke platdruk.

Speld dit liewer uit volgens die mates wat gegee word, bedek met skoon, klam teedoeke en laat droog word.

Kontak Stylecraft hier
Om uit te vind waar jou naaste verskaffer van Stylecraft-produkte is, kontak Arthur Bales by 011- 888-2401 Of info@Arthurbales.co.za of gaan na die Stylecraft Yarns-webtuise by https://www.stylecraft-yarns.co.uk/