Hoewel dit nie buitengewoon vir sommige mense is om van die huis af te werk nie, is dit dalk ’n enorme uitdaging vir ander om aan gewoond te raak.

Bayt.com en Bizcommunity, top- aanlyn maatskappye vir werksoekers, het ’n lys saamgestel van al die voor- en nadele om van die huis te werk.

Voordele

  • Jy ervaar minder daaglikse spanning om nie meer in verkeer vas te sit nie
  • Jy kan aantrek wat jy wil
  • Jy kan meer buigsaam wees en in ’n mate jou eie werksure bepaal
  • Jy bepaal self jou werksomgewing – die beligting, die temperatuur en die gevoel van die omgewing waar jy werk
  • Daar is minder afleiding, onnodige onderbrekings, telefone wat aanhoudend lui en onnodige vergaderings
  • Jy het die gemak om by die huis te wees, naby jou familie en kinders (indien jy het)

Nadele

  • Swak dissipline en take wat jy uitstel kan daartoe lei dat jy minder produktief is
  • Jy mag gevoelens van eensaamheid weens isolasie ervaar, omdat daar nie meer ’n kollega is met wie jy gereeld kan gesels nie
  • Onderbrekings van jou kinders, bure, vriende of familie kan jou werkspoed breek
  • Jy mag verplig voel om jou huis skoon te maak, kruideniersware te gaan koop of om kos te maak, als terwyl jy jou werk probeer doen
  • Met geen streng werksure nie, mag jy in die versoeking kom om aanhoudend te werk

Wenke

  • Besluit op ’n roetine en hou daarby
  • Staan elke dag dieselfde tyd op as wat jy sou indien jy werk toe sou gaan
  • Kom uit jou slaapklere. Trek klere aan asof jy sou uitgaan
  • Maak ’n lysie van die moeilike take wat jy eerste moet doen en maklike take wat jy laaste kan doen. Maak seker jy kom elke dag deur die lys
  • Oefen voor jy in die stort spring en ontbyt eet. Dit gee vir jou energie deur die dag
  • Reël gereeld videovergaderings om die eensaamheid te bekamp, sodat jy steeds die persoon se gesig kan sien en persoonlike kontak in ’n mate kan behou
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.