1. Winkelhaak R55, Timbercity. 2. Maatband R21,73, Osman’s . 3. Waterpas (300 mm) R39,99, Pick n Pay. 4. Knyptang R60,96, Build It. 5. Potlode R11,50 (vir 12), Osman’s. 6. Klouhamer R49,94, Build It. 7. Bosch 46-stuk boorpunt-en-skroewedraaierstel R299, Makro. 8. Nutsmes R23,04, Osman’s. 9. Ryobi-18V-boor R599, Makro. 10. Handsaag R69, Timbercity. 11. Verstelbare moersleutel deur Pride R69,56, Osman’s. 12. Sesstuk-skroewedraaierstel, R109, Pick n Pay. 13. Koplamp R30,43, Osman’s. FOTO: MISHA JORDAAN

1. Winkelhaak

Dit is nuttig wanneer jy hout uitmerk vir saag en word gebruik om hoeke van 90° af te meet.

2. Maatband

Of jy mate neem vir gordyne of rame hang, ’n intrekbare maatband is onontbeerlik.

3. Waterpas 

Maak seker die rakkie wat jy in die badkamer opsit, is nie skeef nie.

4. Knyptang

Met ’n langbekknyptang kan ’n mens die omhulsel van die drade afstroop wanneer jy ’n kragprop aansit.

5. Potlode

Kry potlode wat donker skryf om te merk waar jy wil kap, saag of boor.

6. Klouhamer

Kies ’n hamer wat gemaklik in jou hand voel, maar swaar genoeg is vir basiese tuisherstelwerk.

7. Bosch 46-stuk boorpunt-en- skroewedraaierstel

’n Magnetiese skroewedraaierstel het omruilbare koppe om by verskillende take te pas.

8. Nutsmes

Sny plastiek of harde karton met netjiese, skoon rande en skraap gom met dié mes af.

9. Ryobi-18V-boor

Die boor is lig, het genoeg krag vir die meeste tuisprojekte en is ideaal vir ’n beginner.

10. Handsaag

Die saag is perfek vir klein takies, soos takke snoei of om hout vir ’n tuisprojek te saag.

11. Verstelbare moersleutel

Osman’s Dit word gebruik om moere en boute mee vas te draai, soos wanneer ’n mens byvoorbeeld ’n lekkende kraan moet regmaak.

12. Sesstuk-skroewedraaierstel

Jy sal skroewedraaiers in verskillende vorms en groottes nodig hê; koop dus ’n verskeidenheid daarvan.

13. Koplamp

’n Koplamp kom nuttig te pas wanneer jy in swak lig moet werk. ’n Flits werk ook goed, maar ’n koplamp sal jou hande vry hou sodat jy die werk kan doen.

Kry dit hier

Build It 031-719-1759 buildit.co.za; Makro 0860-300-999 makro.co.za; Osman’s31-368-6777 Info@osmans.co.za; Pick n Pay 0800-11-22-88 pnp.co.za; Timbercity 021-927-5000 timbercity.co.za

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om die korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.