Benodigdhede

lessenaar
Foto: Misha Jordaan

  • ’n Ou lessenaar
  • Verfverdunner
  • Lap
  • Verfkwaste
  • Enige krytverf. Ons het Tjhoko Paint in die volgende kleure gebruik: 1 L Coral Stone, 500 ml Stéffan en 28 ml-verfmonsters in Am’s Rose Gold, Reddish Mellow, J’Co en Comfort’s Blue.
  • Kombuisspons
  • Skêr
  • Rust-Oleum-spuitverf in Gloss Black

STAP 1

Vee al die oppervlakke van die lessenaar met verfverdunner en ’n skoon lap af. Laat heeltemal droog word. Haal die laaihandvatsels af. Verf die lessenaar se basis met twee lae Coral Stone. Laat die verf ná elke laag eers droog word.

lessenaar
Foto: Misha Jordaan

STAP 2

Verf die laaie se voorkante met twee lae Coral Stone. Laat die verf ná elke laag eers droog word voor jy die volgende een aanwend.

lessenaar
Foto: Misha Jordaan

STAP 3

Verf die blad van die lessenaar met drie lae Stéffan. Laat die verf ná elke laag eers droog word voor jy die volgende een aanwend.

lessenaar
Foto: Misha Jordaan

STAP 4

Sny die kombuisspons in vier stukke.

lessenaar
Foto: Misha Jordaan

STAP 5

Gebruik die sponse en druk met die verf van die vier kleurmonsters kolle in terrazzostyl op die blad. Sit net die spons op ’n plek en trek dit effens om die kolle onafgewerk te laat lyk.

lessenaar
Foto: Misha Jordaan

STAP 6

Spuit die handvatsels met twee lae van die swart glansspuitverf. Laat die verf ná elke laag eers droog word voor jy die volgende een aanwend.

lessenaar
Foto: Misha Jordaan

STAP 7

Skroef die handvatsels weer op hul plek vas wanneer die verf droog is en sit die laaie in die lessenaar terug. 

lessenaar
Foto: Misha Jordaan

Kry dit hier

Chair Crazy 021-465-9991; Istore Apple.com/za; MRP Home 0800-21-25-35; Tjhoko Paint 011-708-3166; Woolworths 0860-022-002 

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.