Meng gerus verskillende skakerings, van ligte tot donker pastelle.

Of kies items in kontrasterende pastelle. As jy die vertrek minimalisties wil hê, kies kleure wat mekaar komplementeer soos blou, grys en ment.

As jy ’n eklektieser voorkoms verkies, sal pienk, geel en lila goed werk.

Wenk
Gebruik drie hoofpastelkleure in die sitkamer om die voorkoms te versag sonder dat dit te meisierig raak.
Pastelkleurige blomme laat ’n andersins onopgesmukte sitkamer mooi romanties lyk.
Die sagte akwakleurige bank en ’n paar snuisterye help ’n vriendelike vertrek skep. Foto's: Jacques Stander
Vertrekversiering met pastelle
  • As jy lief is vir kleur, maar nie van ’n bontspul hou nie, is pastelle perfek vir jou. Dit gee subtiele kleur aan neutrale tone soos wit, grys en ligte houtmeubels.
  • Eksperimenteer met kleiner pastelkleurige items voor jy iets groots soos ’n leunstoel in dié sagte kleure koop.
  • Moenie by een pastel hou nie. Kies een kleur, byvoorbeeld blou, en bring dan nog skakerings van lig tot donker in. Andersins kan jy dekoritems uit ’n verskeidenheid pastelle kies.
  • Neutrale en wit meubels skep die perfekte basis waarop jy kan voortbou met jou kaleidoskoop van pastelle.

Produkte

Lampskerm R490, Knus
TV-kas R2 415,53, Poco
Hoekbank R9 999, Poco
Vaas R129, H&M
Plantpot R229, H&M
Mat (120 x 180 cm) R359,99, MRP Home
Stoel R1 500, MRP Home
Ottoman R499,99, MRP Home
Oorgooideken R650, Woolworths
Krat R259,99, MRP Home
Teekersiehouer R29,99, H&M
Muurprent R699, Coricraft
Kussing R79,99, Sheet Street
    Kry dit hier

    @home 0860-834-834; Coricraft 021-508-5200 / 011-611-8700 / 031-701-3448; Game 0861-4263-2273; H&M 086-0690-707; Knus 087-550-7600, www.knus.co; Makro 0860-300-999; MRP Home 0800-212-535; Poco Strand 021-841-1500, Sandown Road 021-036-1070; Sheet Street 0800-212-535; Volpes 041-402-6800; Woolworths 0860-022-002

    Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.