SUURLEMOENE 

suurlemoene
Foto ter illustrasie: IStock Photo

  • Verfris slegte asem deur ’n klein koppie suurlemoensap te gorrel om klaar te speel met die bakterieë wat jou mond laat sleg ruik.
  • Danksy hul antibakteriële eienskappe werk suurlemoene ook goed om aknee en olierige vel mee te behandel. Sny ’n suurlemoen in die helfte en druk die sap uit op die aangetaste deel. Jou swartkoppies en puisies sal sommer gou verdwyn.SSuurlemoene het ook bleik­eienskappe, en die herhaalde aanwending sal donker vlekke verlig – maak net seker jy hou jou vel uit die son wanneer jy dit met suurlemoen behandel.

KOEKSODA

koeksoda
Foto ter illustrasie: IStock Photo

  • Vir ’n wenplan vir witter tande, meng water en koeksoda met fyn­gedrukte aarbeie tot dit ’n pasta vorm en smeer dit aan jou tande. Spoel agterna jou mond deeglik uit.
vrou wat tande borsel
Foto ter illustrasie: Greatstock/Shutterstock

  • Sit jy sonder sjampoe? Geen probleem nie! Vir ’n natuurlike diep­reinigende haarwasmiddel, meng een deel koeksoda met drie dele ­water. Masseer die oplossing tot in die wortels en werk van daar af na die punte toe. Los dit 1-3 min. aan en spoel met warm water.
vrou was haar hare
Foto ter illustrasie: Greatstock/Shutterstock

OLIE

klapperolie
Foto ter illustrasie: IStock Photo

  • Klapperolie is nie net goed vir kos maak nie; dis ook ’n uitstekende grimeringverwyderaar. Plaas ’n paar druppels op ’n stukkie watte en druk dit sagkens aan jou gesig. Die olie breek hardnekkige ooggrimering uitstekend af en droog nie die vel uit nie.
  • Wend ’n muntstukgrootte-hoeveelheid klapperolie aan jou hare aan vir ’n diep-opknappende haarmasker. Kam jou hare dan uit, maak dit in ’n los bolla vas as dit lank is en gaan slaap. Jy sal ’n handdoek oor jou kussing moet sit of met ’n stortpet moet slaap. Was jou hare die volgende oggend deeglik, stileer soos gewoonlik, en siedaar, ’n blink haredos.
  • Om dun naels of naels wat afskilfer te versterk, week dit ’n maand lank 10-15 min. per dag in ekstra suiwer olyfolie en twee keer per week daarna.
  • Versag gebarste lippe deur dit twee of drie keer per dag met olyfolie in te vryf. Jou lippe sal dadelik sagter voel en behoort binne ’n paar dae gesond te wees. 

ASYN  

appelasyn
Foto ter illustrasie: IStock Photo

  • Sukkel jy met stink voete? Week jou voete saans in een deel asyn (wit-, bruin- of appelasyn) en twee dele water om ontslae te raak van die bakterieë wat jou voete laat stink.
  • ’n Haarspoel met appelasyn laat jou hare blink, maak dit sag en herstel die kopvel se natuurlike pH-balans.
  • Het jy jou verfrisser vir jou daaglikse gesigreinigingsroetine opgebruik? Week ’n wattelappie of lap in verdunde appelasyn en tik daarmee aan jou vel. Spoel met warm water en druk droog. 

SOUT 

sout
Foto ter illustrasie: IStock Photo

  • Vir ’n eenvoudige behandeling teen skilfers, maak paadjies in jou hare en gebruik nat vingers om jou kopvel 15 min. lank sagkens met sout te masseer.
  • Meng growwe sout, suurlemoen en olyfolie vir ’n natuurlike lyfskropmiddel met ­ekstra skop.
  • Sout en koeksoda is die ideale mondspoelmiddel wanneer dit met water gemeng word. 

Bronne: Womanshealthmag.com, Mindbodygreen.com, Gurl.com, Health.com, Prevention.com, Sheknows.com 

ONS DOEN ONS BES OM GOEIE RAAD SAAM TE STEL, MAAR JY BEPROEF ENIGE VAN DIÉ WENKE OP EIE RISIKO. HUISGENOOT AANVAAR NIE VERANTWOORDELIKHEID VIR ENIGE SKADE OF BESERING WAT DAARDEUR VEROORSAAK IS NIE.