Somerreënvalgebiede

Die grootste deel van Suid-Afrika kry reën in die somer, insluitend die binneland en noordelike en oostelike kusgebiede. Louis d’Hotman, hoofbestuurder van Garden World, deel sy gunsteling- winterblomme:

BLOMME

Gesiggies (Viola X wittrockiana)

Gesiggies (Viola X ­wittrockiana)
Gesiggies (Viola X ­wittrockiana). Foto: Gallo Images/Getty Images

Gesiggies kom in die grootste verskeidenheid van mooi kleure en selfs in effekleure of met ’n donker gesigmasker.

Die blomme is uitstekende rand- en houerplante en lyk pragtig in sowel blokke van enkelkleure as ’n mengsel van kleure.

Leeubekkies (Antirrhinum majus)

Leeubekkies (Antirrhinum majus)
Leeubekkies (Antirrhinum majus). Foto: Gallo Images/Getty Images

Leeubekkies is ’n ou maar gewilde gunsteling. Plant ’n mengsel van helder en pastelkleure – die kinders sal versot wees daarop om die “draak se bek” met hul vingertjies oop en toe te maak.

Bokbaaivygies (Cleretum bellidiforme)

Bokbaaivygies (Cleretum bellidi­forme)
Bokbaaivygies (Cleretum bellidi­forme). Foto: Gallo Images/Getty Images

Bokbaaivygies is ideaal vir waterslim tuine, want hulle sal gedy in sonnige, droë gebiede. Die blomme lewer ’n kleur- ontploffing van elke skakering in die reënboog.

Gousblomme (Calendula officinalis)

Gousblomme (Calendula officinalis).
Gousblomme (Calendula officinalis). Foto: Gallo Images/Getty Images

Gousblomme met hul oranje en geel blomme sal sonkolle van kleur in enige blombedding plaas. Teeliefhebbers kan die gedroogde blomme in kookwater week vir ’n gesonde drankie.

Groente en kruie

Beet, blomkool, boontjies, dwergspinasie, ertjies, wortels, komkommer, slaai, murgpampoentjies, pietersielie, preie, radyse, seldery, uie en koljander.

Potplante
Foto: Gallo Images/Getty Images

Tuinwenke

  • Maak plante laatoggend nat nadat die son en lug die grond uitgedroog het. Moenie laatmiddag natlei nie sodat jy nat grond tydens koue nagte kan vermy, iets wat plante kan beskadig.
  • In gebiede wat onder ryp gebuk gaan, oorweeg dit om jou plante te beskerm deur dit met ’n rypskerm te bedek. Wortels moet deur ’n dik deklaag beskerm word en potte moet na ’n bedekte gebied geskuif word.
  • Gras moet steeds in die winter gesny word, maar hou die gras ’n bietjie langer as gewoonlik in koue gebiede om die wortels te beskerm.
  • Stut bome en lang struike in winderige gebiede.
  • Installeer ’n uilboks in jou tuin. Dis ’n wonderlike oplossing om sonder gif van muise en rotte ontslae te raak.
Winterreënvalgebiede

’n Betreklik klein deel van die land kry reën in die winter, soos die Wes-Kaap, terwyl dit dwarsdeur die jaar in die Oos-Kaap reën. Nick Stodel, besturende direkteur van Stodels Nurseries, deel sy gunstelinge om nou te plant.

BLOMME

Tulpbolle (Tulipa spp.)  

Tulpbolle (Tulipa spp.)
Tulpbolle (Tulipa spp.) Foto: Gallo Images/Getty Images

Tulpbolle moet in Mei geplant word om teen die einde van die winter te blom. Hulle kom in ’n verskeidenheid pragtige en helder kleure; voorwaar iets om mee te spog.

Aalwyne (Aloe spp.) 

Aalwyne (Aloe spp.)
Aalwyne (Aloe spp.) Foto: Gallo Images/Getty Images

Aalwyne met hul treffende oranje en geel blomme is ’n wintergunsteling. Hulle is taai en waterslim en is wonderlike plante in die tuin of in potte.

Asaleas (Rhododendron spp.) 

Asaleas (Rhododendron spp.)
Asaleas (Rhododendron spp.) Foto: Gallo Images/Getty Images

Asaleas spog met pragtige blomme in rooi, helderpienk, pers en wit.

Dit vaar goed in potte en floreer die beste as dit in suurgrond geplant word.

Japonikas (Camellia spp.) 

Japonikas (Camellia spp.)
Japonikas (Camellia spp.) Foto: Gallo Images/Getty Images

Japonikas is ideaal vir skadukolle in die tuin. Die dubbele blom lyk soos dié van ’n roos en dit kom in ’n klein enkele blomvariëteit voor.

Asblomme (Pericallis x hybrida) 

Asblomme (Pericallis x hybrida)
Asblomme (Pericallis x hybrida) Foto: Gallo Images/Getty Images

Asblomme kom in ’n verskeidenheid helder skakerings van pienk, ligpers en pers. Die geurige blomme vaar goed in potte, hangmandjies of as randplante in blombeddings.

WENK

Jou plaaslike kwekery het altyd plante wat geskik is om in jou omgewing te groei.  

GROENTE EN KRUIE

Nick beveel aan dat jy nou aspersies, beet, boerbone, kool, wortels, blomkool, seldery, knoffel, preie, uie, pietersielie, witwortel, ertjies, spinasie en rape plant. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe