Voorkoms: Rustiek

Voor

Die oker stoel en houtvloer maak dit die ideale ruimte om rustieke dekor­stukke in te sluit om ’n warm, ontspanne voorkoms te skep.

rustiek voor
Foto: Misha Jordaan

rustiek na
Foto: Misha Jordaan

Rustieke dekor is die perfekte kombinasie van gemaklike, praktiese dekor en is ook baie funksioneel. 

Vir rustieke dekor, hou oop vuurplekke, gemaklike meubels en hout. Dit skep 'n organiese en ontspanne gevoel. 

  • Vermy reguit lyne as jy rustiek wil gaan met jou dekor. Organies en abstrakte imperfeksies verleen aan die dekorneiging die perfekte gevoel. 

Voorkoms: Mediterreens

Voor

Die wit, lugtige vertrek en blou lessenaar is die vertrekpunte om ’n Mediterreense voorkoms te skep waarvoor skakerings van blou en wit gebruik word.

Mediterreens voor
Foto: Misha Jordaan


meditereens voor
Foto: Misha Jordaan

As jy daarvan hou om by die see uit te span of van koel kleurpalette hou, is Mediterreense dekor vir jou. Maak so: Hou dit lugtig. Blou, groen, ligte hout en afgewitte oppervlakke is belangrik vir ’n tydlose Mediterreense leefruimte.

Marokko se pragtige patrone en ryk kleurpalette het ook 'n groot invloed op dié dekor.

  • Vir die Mediterreense invloed van Griekeland, is dit belangrik om die dekor baie lig en eenvoudig te hou. Hou materiale soos linne ingedagte om daardie tydlose effek te gee. 

Ekstra bronne: Decoraid.com, Thespruce.com