Slaapkamer
  • Wanneer jy ’n bed koop, kies ’n bedbasis met ingeboude bêreplek of ’n bed wat plek onder het om goed te bêre.
  • As jy nie genoeg plek in jou kas het nie, kry ’n klerereling met wiele. Dis ’n slim manier om ekstra klere te bêre en kan maklik uit die pad gestoot word.
  • Spieëls gee ’n vertrek diepte deur die illusie van ruimte te skep. Verskeie kleiner spieëls sal dieselfde effek as ’n vollengtespieël

Kombuis

Loop lig vir donker kleure wanneer jy versier. Ligter skakerings laat ruimtes groter lyk. Sorg daarom dat jy so min moontlik donker items gebruik. Foto: Derek Swalwell/bauersyndication.com.au/magazinefeatures.co.za
Wenke vir 'n klein kombuis
  • Koop stylvolle skoonmaaktoerusting, byvoor­beeld die besem, skoppie en emmer, en hang dit teen die muur.
  • Benut vensterbanke as ekstra bêreplek.
  • Koop items in bypassende stelle – dit sal goed wat op rakke of toonbanke rondstaan meer georganiseerd laat lyk.
  • Pak items weg wat selde gebruik word.
  • Gebruik jou kombuisruimte slim deur rakke met wiele en opvoutafels te gebruik.

Sitkamer

Moenie die grootste rusbank koop wat jy by jou plek kan inpas nie. ’n Kleiner rusbank saam met ’n paar stoele en ottomans sal jou sitkamer aantrekliker laat lyk. Foto: Gallo Images/Getty Images
Wenke vir 'n klein sitkamer
  • Monteer jou televisiestel teen ’n muur om vloerruimte beskikbaar te stel.
  • As jou sitplekke teen die muur staan, sorg dat jou mat groot genoeg is om halfpad daaronder in te pas. Vir ’n baie klein ruimte, koop ’n mat wat net onder die koffietafel inpas.
  • As jy nie plek het vir ’n koffietafel nie, gebruik kleiner kanttafels.
  • Minder is meer. Moenie jou plek met te veel meubels volprop nie. Maar moenie bang wees vir bykomstighede nie.

Tuiskantoor

1 Muurkuns R399,99, MRP Home. 2 Plant R229 en 3 lessenaar R1 899, @home. 4 Houer R79,99 en 5 beker R29,99, MRP Home. 6 Lamp R750, Woolworths. 7 Krammasjien R139,99 en 8 reis­beursie R199,99, MRP Home. 9 Houtboks R299, Woolworths. 10 Stoel R1 299, @home. Foto: Megan Miller
Wenke vir 'n knap tuiskantoor
  • Moenie huiwer om ’n vertrek vir meer as een doel te gebruik nie. Enige klein onbenutte muur­ruimte kan in ’n tuiskantoor omskep word. Be­proef ’n leë hoek in jou slaap- of sitkamer.
  • Hou die plek netjies en georden deur papiere en lêers in houers en laaie te bêre.
  • ’n Swewende lessenaar teen die muur neem minder plek in beslag as een wat op die vloer staan. Dit sal slim wees as jy een kan kry wat plat teen die muur wegvou.
  • Rakke teen die muur gee jou bykomende bêreplek sonder om nog vloerruimte in beslag te neem.