HOU JOU HANDE SKOON EN NETJIES

Beautiful woman hand with the beautiful fingernail
Foto: Gallo Images/Getty Images

Dit is die eerste stap in die versorging van jou hande.

Vuil hande en naels lyk nie net grillerig nie, maar versprei ook kieme.  

SANITEERDERS T. HANDWASMIDDELS

Foto: Gallo Images/Getty Images

Jy moet jou hande minstens ses keer per dag was, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie.

Wat is die beste – handsaniteerders of goeie ou seep en water? 

Saniteerders is wonderlik vir wanneer jy nie toegang tot water het nie of in ’n droogtegebied woon. Dis ook gerieflik om in jou handsak te dra.

Dit is ideaal om kieme en bakterieë mee weg te vee, maar as jou hande baie vuil is, sal dit nie so doeltreffend wees nie.

Dit bevat ook tussen 60 en 95% alkohol, wat jou vel kan uitdroog.

Sorg dat jy jou hande bevog nadat jy dit gebruik het. 

Tradisionele handwasmiddels wat water gebruik, is sagter op die vel.

Baie bevat ook bevogtigers en sal nie jou vel so baie uitdroog soos saniteerders nie.

Maar dis nie so gerieflik soos handsaniteerders nie, want jy het vanselfsprekend water daarvoor nodig om jou doeltreffend skoon te maak.

BEVOGTIGING, BESKERMING EN TEENVEROUDERING 

Foto: Gallo Images/Getty Images
Ons hande is een van die eerste plekke wat tekens van veroudering toon. 

Dis ook geen wonder nie: Hulle werk baie hard, word dikwels aan die son bloot­gestel, en selfs om hulle te was kan jou vel, naels en naelvliese uitdroog. 

Leer die gewoonte aan om altyd jou hande te bevog nadat jy dit gewas het.

Dra handbevogtiger in jou handsak saam, en hou ’n buis daarvan langs jou kombuis- en badkamerwasbak. 

Hou ook ’n ryk hand­bevogtiger langs jou bed en wend daarvan aan voor jy inkruip, want die produk sal nie afvee ­terwyl jy slaap nie. 

Moenie van sonskerm vergeet nie. Ons klere bedek selde ons hande en hulle word dikwels aan skadelike UV-strale blootgestel. 

Wees op die uitkyk na handbevog­tigers met ’n sonbeskermingsfaktor.

Wend dit elke twee uur weer aan as jy aan die son blootgestel word, byvoorbeeld terwyl jy lang afstande bestuur, aan sport deelneem of in die tuin werk.

NAEL-EN NAELVLIESGESONDHEID

Foto: Gallo Images/Getty Images

Geverfde naels lyk netjies, maar jy moenie heeltyd naelpolitoer dra nie.

Naelpolitoer is nie noodwendig sleg vir jou naels nie, maar jou naels moet asemhaal, net soos jou vel.

Neem ’n blaaskans tussen aanwendings.

Naelvliese is die dun lae dooie vel aan die basis van jou nael.

Dit beskerm jou naels en die vel rondom teen kieme.

As die naelvlies gesny is, is dit makliker vir goggas om in te kom en ’n infeksie te veroor­saak.

Vra met jou volgende manikuur jou tegnikus moenie jou naelvlies knip nie.

Hou jou naelvlies bevog met ’n druppel naelvliesolie daagliks aan elke nael. 


Goeie gewoontes
  • Was jou hande nadat jy die toilet gebruik het.
  • Was jou hande voor jy kos berei.
  • Hou ’n handsaniteerder by jou ingeval jy in ’n waterlose omgewing kom. 
  • Maak gereeld die oppervlakke skoon waaraan jou hande die meeste raak.
  • Dra beskermende handskoene vir aktiwiteite wat hard op jou hande is, soos tuinwerk of skottelgoed was.


Slegte gewoontes
  • Hande afspoel tel nie as was nie; jy moet seep of saniteerder gebruik. 
  • Om nie jou hande te was voor jy eet of nadat jy ’n siek mens versorg of aan troeteldiere geraak het nie.
  • Om nie jou hande in die winter met hand­skoene te beskerm nie.
  • Om aan jou handskoene te raak wanneer jy sterk reinigingsmiddels soos bleikmiddel gebruik.
  • Om baie warm water te gebruik om skottelgoed te was.