Maar as jy stres oor gebarste hakke, hier is vyf boererate met bestanddele wat jy waarskynlik in jou kas het om daai hakke seepglad te kry.

1. Sterksalf of klapperolie en sokkies

  • Gebruik ’n puimsteen om jou voete in die stort af te skuur.
  • Meng ’n klein bietjie sterksalf en klapperolie voor jy bed toe gaan.
  • Masseer dit in eelte en droë kolle in.
  • Trek sokkies aan.
  • Was die oggend jou voete met warm water en skrop weer met ’n puimsteen.
  • Herhaal ’n paar dae tot die barste in jou hakke weg is.
  • Masseer voete met warm klapperolie om sagte, gesonde hakke te handhaaf.

2. Engelse sout en warm water

  • Gooi agt koppies warm water in ’n groot bak.
  • Voeg ½ koppie Engelse sout daarby.
  • Week jou voete 10-15 min. daarin.
  • Droog jou voete af.
  • Bevog voete en dra sokkies oornag.

3. Antiseptiese mondspoel, asyn en warm water

  • Gooi die volgende in ’n houer warm water: 
    ¼ koppie antiseptiese mondspoel
    ¼ koppie asyn
  • Week voete 10-15 min. daarin.
  • Skrop sagkens met ’n puimsteen.
  • Droog voete af.
  • Bevog en dra sokkies oornag; herhaal tot barste in hakke verdwyn het.

4. Warm water en ’n puimsteen

  • Week jou voete sowat 10 min. in warm, seperige water.
  • Skuur sagkens met ’n puimsteen.
  • Bevog en dra sokkies oornag; herhaal tot barste in hakke verdwyn het.

5. Appelasyn, Engelse sout en water

  • Vul ’n groot bak met warm water.
  • Voeg 1 koppie appelasyn daarby.
  • Voeg 1 koppie Engelse sout by.
  • Week voete 10-15 min.
  • Spoel af en skrop liggies met ’n puimsteen.
  • Droog af en onthou om jou voete te bevog en sokkies oornag te dra.