Suzelle, sê vir ons wat is so wonderlike daaraan om ’n blommekroon te dra?

“Wel, jy weet, dis so maklik om te maak, en dis nou so in die mode! Dis nie net iets wat ’n model op die loopplank dra nie, almal kan dit dra – van kinders tot tannies! En, laat ons eerlik wees, dit voeg varsheid by jou dag! Die geur van lente vloei letterlik om jou. En moenie bang wees om dit enige plek te dra nie, van wanneer jy die kinders gaan oplaai tot by aandpartytjies. Dit sal jou regtig in ’n goeie luim plaas.”

As mense nie ’n tuin het nie, waar kan hulle blomme kry?

“Hulle kan natuurlik koop, maar enige plek in die natuur. Jy weet fynbos is oral. Mense kan ook blomme uit papier of selfs herwonne plastieksakke maak. Jy weet jy kan dit behoorlik meng en baie spatsels kleur hê.”  

Hoe sou jy jou tuinmaakvaardigheid op ’n skaal van een tot 10 beoordeel?

“Ek gee myself ’n nege! Ek is dol oor tuinwerk, al het ek nie ’n groot tuin nie. Ek het eintlik net ’n bietjie grasperk en ’n patio, maar ek het baie potte.” 

Wat kweek jy graag?

“Ek hou van goed wat nuttig is, soos kruie, groente en vrugte. En as gevolg van die waterkrisis begin ek ook nou ’n rotstuin.”

As jy vir jouself ’n blommenaam kon gee, wat sou dit wees? 

“Petal.”

Is jy ’n lief vir insekte of maak jy hulle dood? 

“Ek is beslis ’n insekliefhebber. Ek is baie besorg oor hulle. Ek maak ’n organiese kruie-insekdoder met die hulp van Mariaan. Sy is ’n baie goeie tuinier. Maar moenie vir my ’n naakslak wys nie; dan laat ek Mariaan dit wegvat.”

Hou jou vriendin Tali wat in Sandton woon van tuinmaak? (Tali is Julia Anastasopoulos, wat Suzelle DIY vertolk, se nuutste karakter.)

“Nee, glad nie. Sy weet nie wat aangaan nie. Sy stel ’n tuindiens aan."  

Wat gaan jy op Tuindag doen?

“Ek en Mariaan gaan net saam met vriende in my tuin ontspan. Ons gaan die groente pluk wat ek in my tuin het, dit marineer en dan braai. Natuurlik sal ons ons blommekrone dra. Trouens, ek gaan ’n doen-dit-self-stasie hê waar mense hul eie blommekrone kan maak.”

Kyk hier na die video: