Engele

benodigdhede

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

  • A4-papier
  • tou
  • gompistool
  • skêr
  • houtkrale (20 mm-deursnee)

Stap 1

Knip die papier oor die breedte in 2 repe, een van 15 cm en een van 8 cm. Vou albei in ’n sigsagpatroon soos ’n trekklavier.

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

Stap 2

Vou die 15 cm-stuk in die helfte. Ryg ’n stuk tou (±30 cm) deur die middel. Plak die papierkante vas wat in die middel na mekaar wys.

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

Stap 3

Plak die 8 cm-stuk aan die groter een met die middelpunte in lyn met mekaar. Draai die tou ook om die 8 cm-­stuk en ryg die kraal deur. 

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

Stap 4

Plak die kraal aan die middel van die 8 cm- stuk vas. Sprei dié stuk oop, soos vlerke. Plak die “vlerke” aan die “lyf” vas.

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

Elwe

benodigdhede

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

  • vilt
  • skêr
  • tou
  • gompistool
  • houtkrale in twee groottes (20 mm- en 25 mm-deursnee)
  • rooi viltpen
  • swart viltpen

Stap 1

Teken ’n kwartsirkel met ’n radius van 65 mm op ’n stuk papier. Teken dit op die vilt af en knip uit.

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

Stap 2

Maak ’n lus met die tou en plak dit aan die hoek van stap 1 se viltkwartsirkel. Rol die vilt in ’n keël en plak dit vas. 

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

Stap 3

Plak die kleiner hout- kraal in die vilthoedjie vas en plak die groter een onderaan die klein- tjie vas.

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

Stap 4

Teken met die vilt- penne ’n gesiggie op die kleiner kraletjie.

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

Kersballe

benodigdhede

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

  • lap
  • skêr
  • polistireenballe (50 mm-deursnee)
  • rekkies
  • lint
  • tou

Stap 1

Sny die lap in vierkante van 22 x 22 cm.

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

Stap 2

Plaas die polistireenbal in die middel van die lap en vou dit toe. Maak die lap met ’n rekkie vas.

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

Stap 3

Draai ’n lint om die rekkie en maak ’n mooi strikkie.

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

Stap 4

Heg ’n toulussie daaraan om die bal aan die boom te hang. 

kersfeesboom,versierings
Foto: Misha Jordaan

Kry dit hier

Checkers 080-001-0709

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffer nie verantwoordelik gehou kan word nie