1. Oefen daai arms! 

Koop ’n stel arm- (of been-) gewigte en maak dit aan jou gewrigte vas wanneer jy jou hare droogblaas of stryk. So doen jy sommer behoorlike arm­oefeninge terwyl jy jou hare mooimaak.

2. Sit kougom in jou hare vas? 

Maak die kougom hard deur 'n ysblokkie daaroor te vryf – dit sal baie makliker wees om te verwyder.

3. Naellakbottel te styf gedraai?

Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

Draai rubberrekkies om jou naellakbottels se doppies vir ekstra vasvatplek wanneer dit te styf toegedraai is. 

4. Regte sleutels

Verf sleutels in verskeie skakerings naellak om dit uitmekaar te ken en te keer dat jy tyd mors deur elke keer die verkeerde sleutel te kies. 

5. Ou plakkies, nuwe woema

Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

Gebruik 'n mooi serp om 'n paar ou plakkies nuwe lewe te gee. Begin deur 'n knoop voor by die plakkie te maak en draai die materiaal om die bandjies. Wanneer jy klaar is, bind die ekstra materiaal om jou enkel. 

6. Langer vars

Wil jy heeldag lekker ruik? Vryf petroleumjellie aan jou polse voor jy parfuum daaroor spuit.

7. Vermy die groen

Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

Wend 'n laag deursigtige naellak aan die binnekant van kostuumjuweliersware om groen vlekke aan jou vel te voorkom.

8. Verwyder sleutels

Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

Gebruik 'n kramverwyderaar om sleutels by jou sleutelring te voeg of te verwyder sonder om 'n nael te breek.

9. Het jy naellak op die vloer gemors? 

Gaan haal suiker. Gooi 'n bietjie oor die naellak uit en los dit ’n paar minute. Die suiker suig die naellak op, en daarna kan jy die res met 'n lap of papierhanddoek skoonvee.

10. Hou jou halssnoer los

Om te verhoed dat halssnoere ineengestrengel raak wanneer jy dit nie dra nie, ryg dit deur 'n strooitjie voor jy dit wegbêre.

Foto ter illustrasie
Foto ter illustrasie

  • Foto's: YouTube, Verskaf
  • Bronne: youtube.com, buzzfeed.com, emgn.com, cosmopolitan.com, visihow.com
  • Ons doen ons bes om goeie raad saam te stel, maar jy beproef dié wenke op jou eie risiko. Huisgenoot aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige skade of besering wat daardeur veroorsaak is nie.
Doen-dit-self: magnetiese bord vir grimering

Jy hoef nie jou dag af te skop met ’n lang soektog na die perfekte oogpotlood nie. Dié selfdoenprojek is goedkoop, bespaar plek en lyk vrolik – en dit sal boonop jou ­oggendroetine verbeter.

Benodighede

  • 'n Bord – dit kan enigiets wees van 'n ou metaalplaat tot ’n metaalbakplaat.
  • Selfklewende magneetband, beskikbaar by enige ysterwarewinkel – of gebruik net magnete wat jy van die agterkant van ou yskasmagnete verwyder het.
  • Spuitverf of materiaal om jou bord te versier. Die een op die foto is 'n bakplaat wat met washi-lint versier is. (Dis beskikbaar in die meeste skryfbehoeftewinkels.)

Metode

  • Nadat jy die bord versier het, sit magnetiese band (of plak klein magnete met gom) aan elke grimeeritem. Swaarder items sal dalk meer repies benodig.
  • Monteer die bord teen die muur met gom of laat dit bloot regop teenaan ’n oop stuk muur staan.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.