Kersklappers

Benodigdhede

  • kleeflint
  • toiletrolle
  • klapperstroke (by merrypak.co.za te koop)
  • klein geskenke of lekkers
  • gekleurde geskenkpapier en lint
  • klein rekkies
Stap 1 Gebruik kleeflint om ’n klapperstrook in e
Stap 1: Gebruik kleeflint om ’n klapperstrook in elke toiletrol vas te plak. Knip ’n 60 x 15 cm-stuk geskenk­papier vir elke klapper.


Stap 2 Vul die buise versigtig met lekkers of gesk
Stap 2: Vul die buise versigtig met lekkers of geskenkies. Vou die papier om die buise en plak dit met kleefband vas.


Stap 3 Bind die punte van elke klapper met rekkies
Stap 3: Bind die punte van elke klapper met rekkies vas, bedek met lint en – siedaar – ’n oulike klapper teen ’n breukdeel van die prys van winkelklappers.

Kussinggeskenkboks

Benodigdhede

  • toiletrol
  • geskenkpapier of blinkers
  • lint
Stap 1: Verwyder enige stukkies toiletpapier van d
Stap 1: Verwyder enige stukkies toiletpapier van die rol. Druk die rol effens plat – moet dit nie heeltemal plat druk nie, want jy wil ’n kussing vorm.


Stap 2: Skep flappe deur die kante aan een punt va
Stap 2: Skep flappe deur die kante aan een punt van die toiletrol in te druk. Keer die rol om en herhaal aan die ander kant.


Stap 3: Druk jou geskenk of aandenking in die kuss
Stap 3: Druk jou geskenk of aandenking in die kussingboks. Versier die boks met geskenkpapier of blinkers en lint.

5 Kitswenke

Koekies

Is jou kinders verveeld dié skoolvakansie? Bak ’n baksel koekies, vul drukbottels met versiersel en laat hulle hulself vermaak deur die koekies te versier.

Gemmerbroodmannetjies

Bak jy gemmerbroodmannetjies of boomvormige koekies? Bak ’n paar ekstra en maak ornamente wat jare sal hou. Verf bloot drie lae deurskynende vernis oor. En sorg dat die kinders nie daaraan knibbel nie.

Geskenkpapier

Is jou geskenkpapier op? Was ’n leë tjipspak goed uit. Keer dit om sodat die silwer aan die buitekant is, sit jou geskenk binne-in en bind die bokant daarvan met lint vas.

Kersboomversierings

Is jou ou Kersboomversierings se toutjies weg? Gebruik kabelbinders om dit aan die boom te hang – dis sterker en minder moeite as tou of gare.

Kersliggies

Vou jou Kersliggies om ’n driehoekige klere­hanger wanneer jy jou boom wegpak. Dan sal jy nie volgende jaar met ’n frustrerende kraaines hoef te sukkel nie.

BRONNE:  BUZZFEED.COM, MASHABLE.COM, PINTEREST.COM
ONS DOEN ONS BES OM GOEIE RAAD SAAM TE STEL, MAAR JY BEPROEF DIÉ WENKE OP JOU EIE RISIKO. HUISGENOOT AANVAAR NIE VERANTWOORDELIKHEID VIR ENIGE SKADE OF BESERING WAT DAARDEUR VEROORSAAK IS NIE.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.