NAELS

Jou naels kan brosser raak in die winter, veral as jy kunsmatige produkte soos naelpolitoer, akrielnaels of jelpolitoer gebruik. Naelserums en -olies kan naelsterkte help herstel omdat dit geabsorbeer word en die naels dan van binne na buite versterk.

Handmaskers is ook voordelig vir die vel, naels en naelvliesies. Bederf jou een keer per week met een hiervan as jy baie bros naels het.

Terwyl jy jou naels behandel, vermy enige kunsmatige produkte sodat jou naels kan asemhaal en kans kry om volledig te herstel.

1 Skin Republic Hand Repair Hand Mask R51,99; 2 Essence Nail Caring Oil R44;
3 Essence Nail Repairing Oil R44; 4 Spalicious Lavender Roll On Cuticle Oil R74;
5 Essie Nail Serum R139,95

LYF

Die winter kan jou vel verrinneweer en dit grof en droog maak. Die eerste stap na ’n sagte, glansende vel is afskilfering. Dit raak van dooie vel ontslae en verwyder growwigheid.Dit help ook dat produkte soos bevogtigers beter aan die vel bly.

Die volgende stap is bevogtiging. Wend lyfroom aan elke keer wanneer jy uit die stort klim. As jou vel ekstra sorg ná die winter nodig het, gebruik ’n bevogtigende lyfwas-middel, want dit sal jou vel reinig sonder om dit uit te droog.

In die warmer maande is dit belangrik om jou vel gereelder af te skilfer as in die winter. Jou vel sweet meer, en afskilfering sal jou porieë help oopmaak en jou vel vars laat lyk en voel.

1 Nimue Sun-C SPF 30 Body Spray R530; 2 Nivea Firming Body Lotion R99,99;
3 Marrakech Argan Body Care from Africa Exfoliating Body Scrub R80; 4 Eucerin Urea Repair Plus replenishing Body Wash R179,95

HARE

Namate die weer warmer word, stel die kopvel die liggaam se hitte deur porieë vry, wat tot meer sweet en olievervaardiging lei. Dit beïnvloed die hare, wat tydens dié oorgang broser kan word.

Diepreinigende (clarifying) sjampoes kan oortollige produkopbou verwyder. Versterkende behandelings is ook in dié fase belangrik, want dit help om die hare se elastisiteit te behou.

Was met ’n diep-reinigende sjampoe en behandel jou hare elke twee weke vir die beste uitslag.

1 Joico K-Pak Clarifying Shampoo R298; 2 Moroccanoil Clarifying Shampoo R330; 3 Dr Hauschka Strengthening Hair Treatment R399; 4 Celltone Advance Hair Treatment R299; 5 TRESemmé Keratin Smooth Keratin Deep Treatment Masque R79,95

GESIG

Jou vel kan vaal of grof lyk in reaksie op die veranderende weer, waar dit die een dag koud en die volgende dag warm kan wees.

Gebruik produkte wat die vel verhelder om ’n egalige gelaat te verseker. Voeg oornagbehandelings en serums by jou skoonheidsroetine, want dit werk ekstra hard om jou vel ’n gesonde glans te gee.

Drink elke dag sowat 1,5 L water om vogvlakke van binne na buite ’n hupstoot te gee.

Moenie vergeet om altyd sonskerm aan te wend nie, ongeag die weer.

1 Skin Republic Brightening Vitamin C + Collagen Face Mask Sheet R55,99; 2 Eucerin Oil Control Sun-Gel Cream SPF 50+ R220,95; 3 Celltone Xtra Hydrating Treatment R252; 4 Dermalogica Sound Sleep Cocoon Transformative Night Gel-Cream R1 295; 5 Skinderm Pure Exfoliating Glo Pads R395
Kry dit hier

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.