Moeilik

Was vir liggaamshare

  •  Maak seker jy verhit was tot die regte temperatuur soos op die verpakking aangedui word. As dit te warm is, sal dit jou vel brand. As dit nie warm genoeg is nie, sal dit nie reg werk nie.
  • Wanneer dit warm is, wend die was aan skoon vel in die rigting van die haargroei aan. Plaas die strook bo-oor die was en druk dit ferm af.
  • Wag dat die was afkoel en hou dan die vel met die een hand styf en trek die strook in ’n vinnige beweging met die ander hand in die teenoorgestelde rigting af.
  • Herhaal die bogenoemde stappe tot jy klaar is.
  • Bedek die dele wat jy met was behandel het met ’n koel lap om die vel te streel.
Mandy’s Film Wax R152,99
Clicks Wax Strips Legs 20 strips R59,99


Maklik

Lyfskropmiddel
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Reinig jou vel soos gewoonlik, maar moet dit nie afdroog nie.
  • Voeg sowat vier lepels olyfolie by jou skropmiddel vir ’n bevogtigende uitwerking.
  • Begin by jou voete en wend jou lyfskropmiddel in sirkelbewegings aan terwyl jy teen jou lyf op beweeg. Hou so aan tot jy by jou nek kom.
  • Herhaal die vorige stap, maar dié keer sonder om nog skropmiddel te gebruik. Oefen ’n bietjie druk uit en hou aan tot jy by jou nek kom.
  • Doop ’n handdoek in warm water en droog dit uit sodat dit nog klam is. Begin weer by jou voete, plaas die handdoek oor jou voete en hou dit ’n paar sekondes so. Terwyl jy dit verwyder, vee die skropmiddel sagkens van jou voete af.
  • Spoel die handdoek uit en herhaal die bogenoemde stap, maar plaas dit dié keer op jou bene. Hou so aan tot jy al die skropmiddel van jou lyf afgevee het.
  • Bevog dadelik daarna.
The Body Shop African Ximenia Scrub R340
Bodycare from Africa Savannah Shea Exfoliating Salt Scrub R85

Maklik

Pedikuur
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Week jou voete sowat 5-10 minute in ’n bak warm water.
  • As jy eelte het, skuur liggies met ’n voetvyl oor die area en verwyder die harde vel. Moenie te woes vyl nie, want dit kan jou vel beskadig. Skrop jou voete sowat 2 minute met ’n sagte borsel en voetskropmiddel en spoel dit af. 
  • Knip of vyl jou naels in die verlangde vorm.
  • Trek voetmaskers aan en los dit so lank aan as wat die aanwysings vereis. Moenie afspoel nadat jy dit uitgetrek het nie. 
  • Wend naelpolitoer aan as jy wil.
  • Masseer voetroom aan jou voete.
Freeman Bare Foot Foot Scrub R70
Tweezerman-Foot File R259
Skin Republic Foot Repair 20 Minute Treatment Foot Mask R51,49

Maklik

Wenkbrouvorming
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Borsel jou wenkbroue met ’n wenkbrouborsel.
  • Voor jy begin haartjies pluk, bepaal die vorm van jou wenkbroue. Gebruik ’n potlood as gids: Jou wenkbroue moet direk bo jou traanbuise begin; die boog moet bo die buitekant van jou iris wees en 45 ° van die buitehoek van jou oog eindig (sien foto bo). Teken die buitelyn van die vorm met ’n wenkbroupotlood om te help voorkom dat jy te veel haartjies pluk.
  • Pluk ongewenste haartjies met ’n haartangetjie uit. Moenie jou wenkbroue van bo af pluk nie, want dit verminder die boog van jou wenkbrou, wat dit laat lyk of dit effens hang.
  • Vir fyner haartjies, gebruik ’n haartangetjie met ’n liggie en ’n vergrootspieël.
La-Tweez Pro Illuminating Tweezers R285

Middelmatig

Haarbehandeling
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Was en knap jou hare op soos gewoonlik.
  • Wend diep opknapper, ’n behandelingsproduk of olie aan handdoekdroë hare aan en kam deur.
  • Bedek jou hare met ’n plastiekmus. As jy nie een het nie, kan jy dit met kleefplastiek bedek. 
  • Plaas jou opknappingsmus oor jou bedekte hare, stel op matige hitte en los 30 minute aan. As jy nie ’n opknappingsmus het nie, plaas ’n handdoek in warm water, droog dit uit en draai dit om jou kop. Herhaal elke 5 minute.
  • Spoel die diep opknapper of behandelingsproduk met warm water af, maar los dit aan as jy olie gebruik het.
  • Maak jou hare droog en stileer soos verlang.
Hask Keratin Protein Smoothing Hair Treatment R62,99
Moroccan­oil Oil Treatment R540

Moeilik

Wimper- en wenkbroutint
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Reinig jou wimpers en wenkbroue voor jy tint aanwend.
  • Plaas silikoon-oogkussings onder die onderste ooglede om te keer dat die vel gekleur word. Aan die boonste ooglede kan jy petroleumjellie vir dieselfde doel gebruik. 
  • Druk ’n bietjie van die kleurjel op ’n klein palet uit en wend die produk direk aan die wimpers aan met die aanwendstokkie wat saam met die tint verskaf word.
  • Wanneer jy klaar is met jou wimpers, wend die tint met dieselfde aanwender aan jou wenkbroue aan. Wend dit in die rigting van die haargroei aan tot die wenkbroue bedek is.
  • Laat albei 2 minute lank op die tint reageer.
  • Gebruik ’n droë wattestokkie om die tint met sagte hale van die wimpers en wenkbroue te verwyder.
  • Soos met die kleurjel, druk ’n bietjie ontwikkelaarjel op ’n ander palet uit. Herhaal die bogenoemde stappe om dit aan die wimpers en wenk broue aan te wend.
  • Wag ’n minuut en verwyder dit met ’n klam wattekussinkie.
Eylure Pro-Brow Dybrow Dark Brown Dye Kit R123,99
RefectoCil Lash & Brow Tint in Light Brown R119

Kry dit hier

Bodycare Takealot.com; Freeman Takealot.com; Hask 0860-254-257 (Clicks); La-Tweez 0860-254-257 (Clicks); Mandy’s Mandys.co.za; Moroccanoil Everythinghair.co.za; Refectocil 0860-254-257 (Clicks); Skin Republic 0860-254-257 (Clicks); The Body Shop 0860-254-257 (Clicks); Tweezerman Takealot.com

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie