Beskerm

Sonskerm is nie net vir die strand nie; dit moet ook deel wees van jou daaglikse skoonheidsroetine. En net omdat dit kouer is, beteken dit nie jy kan dit in die winter oorslaan nie. Gevaarlike UV-strale kan steeds velskade, plooie en selfs velkanker veroorsaak wanneer die temperatuur daal.

Neutrogena Hydro Boost City Shield Hydrating Lotion SPF 25 R109,95
Celltone Sunscreen SPF 50 R180
Celltone Xtra Hydrating Treatment R250
Nimue Sun-C SPF 30 Body Spray R528

Masker

’n Masker bevat gekonsentreerde bestanddele om resultate doeltreffend en vinniger te bereik. Gebruik dit een keer per week ná reiniging.

Skin Republic Brightening Vitamin C + Collagen Face Mask Sheet R49
Almay Problem Solution Firming Hydrating Masque R165
Six Brightening Enzyme Peel R365
Almay Problem Solution Firming Hydrating Masque R165

Reinig

Hou jou vel skoon van dooie velselle en vullis deur dit twee keer per dag te was.

Halveer in die winter die getal kere wat jy afskilfer omdat jou vel dan waarskynlik ietwat droër en sensitiewer sal wees.

Lamelle Luminesce Brightening Cleanse R409
BioNike Defence Radiance Milk Cleanse R139,95
Johnson’s Daily Essentials Gentle Exfoliating Wash R54,95
Celltone Moisturising Facial Wash R149,90

Skoonheidswenk
Jou vel sal jou ewig dankbaar wees as jy korter stort, die temperatuur laer stel en gehidreer bly deur volop water te drink.


Lyf

Intense bevogting is in die winter verpligtend vir jou lyf as jy ’n skilferige of asvaal vel wil vermy.

Kies bevogtigende lyfwasmiddels en smeer altyd ryklik room aan nadat jy gestort het.

Vaseline Intensive Care Cocoa Glow Crème R45,95
Eucerin UreaRepair Plus Replenishing Body Wash R149,95
Palmer’s Olive Oil Body Lotion R59,95
Clere Cocoa Butter Body Crème R25,95

Bruin in 'n kits

Dit gebeur soms dat jy vir ’n sekere geleentheid bruiner wil lyk.

Grimeerprodukte met ’n subtiele glans kan jou in ’n kits ’n somergloed gee.

Maybelline FaceStudio Blush in Brown R144,95
GOSH Mix & Fix Colour Drops R227
Maybelline Master Strobing Stick in 100 R165
Sisley Phyto Blush Twist in Papaya R765

Saans

Saans is die beste tyd vir jou vel om te herstel. Nagrome voorsien jou vel van die voedingstowwe wat dit nodig het om te funksioneer.

Kry ’n ryk nagroom wat vog help herstel terwyl jy slaap.

Filorga Sleep & Lift Ultra-Lifting Night Cream R1 095
Six Whilst You Sleep R242
Eucerin Even Brighter Night Cream R275
Elizabeth Arden Flawless Future Night Cream R725

Skoonheidswenk
As jy ’n olierige vel het of ’n vel wat maklik vlekke kry, maar sukkel met droë vel in die winter, gebruik liewer ’n normale bevogtigende masker.


Kry dit hier

Almay 011-971-0800; Avon 0860-102-345; Bionike (Dis-Chem 0800-201-170); bodyography 011-086-9800; Celltone (Clicks 0860-254-257); Clarins 011-809-6300; Clere 0800-002-652; Elizabeth Arden 021-597-1700; Essence (Clicks 0860-254-257); Eucerin 031-267-8500; Filorga (Red Square 0800-203-925); GOSH (Edgars 0800-203-925); Hannon hannon.co.za; Head & Shoulders (Clicks 0860-254-257); Indola 011-617-2400; Johnson’s 0860-410-032; L.A. Girl (Dis-Chem 0800-201-170); Lamelle lamelle.co.za; L’Oréal 0860-102-491; L.O.V takealot.com; Maybelline 0860-102-492; Neutrogena 0860-410-032; Nimue 011-036-9600; Optiphi 012-667-6244; Palladio 0800-201-170 (Dis-Chem); Palmer’s (Clicks 0860-254-257); Pure Beginnings faithful-to-nature.co.za; Renew renewhair.co.za; Revlon 011-971-0800; Rimmel 0800-463-446; Schwarzkopf (Clicks 0860-254-257); Sisley (Red Square 0800-203-925); Six 011-507-9027; Skin Republic (Clicks 0860-254-257); TREsemmé 0860-111-121; Vaseline 0860-572-861; Yardley 0800-463-446

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie