slaapkamer
EERS Foto: Misha Jordaan
slaapkamer
NÁ: 1 Lamp R699, @home. 2 Waterkraffie R220 en 3 glas R75, Woolworths. 4 Sytafel R1 199, @home. 5 Duvetoortreksel­- stel R799,99 (driekwartgrootte), MRP Home. 6 Pienk strooikussing R325 en 7 XOXO-strooikussing R279, Woolworths. 8 Geel strooikussing R69,99 en 9 pienk strooikussing R149,99, MRP Home. 10 Grys kwilt R699, Woolworths. 11 Pienk kunspelskombers R499,99, MRP Home. 12 Kammaskaapvel R449, @home. 13 Pinksterrose R199,99 en 14 vaas R299, Woolworths. 15 Mat R599,99, MRP Home. Foto: Misha Jordaan

Kenners se top-10-wenke 

Ons het by Eugene Coetzee en Rinet Engelbrecht, aanbieders van die VIA-program Opgetof, gaan aanklop. In dié reeks wys hulle hoe om kamers en huise in ruimtes te omskep waaruit ’n mens kan munt slaan. Hier is hul top-10-wenke:

1. Koop altyd ’n ekstralengte bed en goeie matras wat minstens 120 kg kan dra, en kry ’n interessante kopstuk.

2. Koop altyd een grootte groter duvet as die grootte van die bed.

3. Maak altyd die bed op met ’n matrasbeskermer, paslaken, gewone laken, goeiegehalte-duvet, kussings, los kussings en oorgooideken.

4. Voorsien ’n bagasierak vir jou gaste se tasse. Dit keer dat hulle hul tasse op die bed sit.

5. Maak seker daar is genoeg kragpunte wat maklik bereikbaar is langs die bed vir die laai van selfone en dat bedliggies by die bed kan aan- en afsit.  

6. Kry ’n tafel wat kan dien as lessenaar en spieëlkas met ’n bereikbare kragprop en klein dekor-items soos blomme, potjies en boeke.

7. Kantgordyne (laat lig in en verseker privaatheid) en gordyne wat die lig uitblok vir die laatslaapers is belangrik. Goeie gordynhardeware wat verseker dat gordyne maklik oop- en toemaak, is ’n moet.

8. Skep ’n atmosfeer in die kamer deur skakerings van dieselfde palet regdeur te gebruik, selfs op die plafon.

9. Maak ’n impak met muurpapier of kuns – hoe groter, hoe beter, veral in klein ruimtes.

10. Eksperimenteer met verskillende materiaalteksture en matte.

KOFFIESTASIE

Die meeste gaste sal van tee of koffie vroegoggend hou; sorg dat jy ’n koffiestasie in die kamer het. Onthou om handdoeke en ekstra komberse beskikbaar te hê.

koffiestasie
1 Handehanddoeke R99,95 en badlakens R280 elk, Woolworths. 2 Kombers R499,99 en 3 gietysterteepot R399,99, MRP Home. 4 Waterkraffie R220, @home. 5 Lang glas R79,95 elk en kort glas R75 elk, Wool­worths. 6 Koffie-, tee- en suikerhouers R249 elk, @home. 7 Pienk bêrehouer R169,99, MRP Home. 8 Ketel R799, @home. 9 Swart skinkbord R299, 10 bekers R59,95 elk, 11 hout-en-grys skink­bord R425 en 12 klein borde R79,95 elk, Woolworths. Foto: Misha Jordaan

Vir die slaapkamer

lamp
Drywende tafel en lig deur Emerging Creatives R2 299, Superbalist
kussing
Strooikussing R325, Woolworths
kussing
Kuns­pels-kussing (45 x 45 cm) R129,99, Sheet Street
mat
Mat (120 x 180 cm) R999, Game
komberse
Komberse (150 x 180 cm) R99,99 elk, Sheet Street
komberse
Kombers R399, Game
lig
Lamp R329, Game
kussing
Kussing-oortreksel deur Hertex Fabrics R299, Superbalist

Vir die kombuis

koppie
Teepot-en-koppie R259, @home
koppie
Beker R15, Game
kettel
Ketel R1 799, @home

Vir die badkamer

handoeke
Handdoeke vanaf R149,99 elk, @home
handwash
Handeroom-en-hande­seepstel R44,99, Pep
handwash
Handeseep R44,99, Woolworths
plantjie
Kuns-terrarium R230, Woolworths

Kry dit hier

@home 0860-66-66-74; Game 0861-4263-2273; MRP Home 0800-212-535; PEP 0860-737-000; Sheet street 0800-203-681; Superbalist 0860-022-146, Superbalist.com; Woolworths 0860-100-987

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.

  • Nuwe episodes van Opgetof word elke Donderdag om 18:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Saterdae om 16:30.