LEMOENE EN SUURLEMOENE

Wil jy jou bui verander? Ruik aan ’n lemoen. In talle studies is bevind die reuk van lemoene kan stres verminder, jou luim ver­beter en jou wakkerder laat voel. Probeer om elke oggend die reuk van een in te asem of tik lemoenolie aan jou pols en kry ’n sitrushupstoot.

Is jou reukweerder op? Vryf ’n snytjie suurlemoen oor jou vel – jou liggaamsreuk sal onmiddellik verdwyn. Dit sal nie jou sweetkliere verstop nie.

APPELS

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

’n Appel skrop jou tande en help met ’n slegte asem.

In ’n studie wat in die Journal of Dental Research gepubliseer is, is bevind ’n chemiese stof, polifenol, kan die bakterieë in jou mond inhibeer, veral dié wat stink reuke afgee nadat jy geëet of geslaap het. Polifenol kom ook in groentee voor.

AARBEIE

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

Aarbeie is uitstekende velreinigers danksy die vitamien C, salisielsuur en antioksidante daarin. Salisielsuur verwyder dooie velselle, maak porieë fermer en jou vel helderder, terwyl ellagiensuur velskade verhoed.

Maak jou tande witter deur aarbeie te eet. Dit bevat appelsuur, ’n emaljebleikmiddel. Of borsel jou tande met ’n paar fyngemaakte aarbeie gemeng met koeksoda vir ’n selfdoenbleikmiddel.

PIESANGS

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

Het jou huisplante se blare hul glans verloor? Eet ’n piesang en gebruik dan die skil om die plante mee skoon te maak. Vee elke blaar af met die binnekant van die skil om dit te laat blink en aangenaam te laat ruik.

Ou, droë piesangskille kan volgens ’n verslag wat in die Amerikaanse joernaal Industrial & Engineering Chemistry Research verskyn het ook as ’n doeltreffende watersuiweringstelsel diens doen.

Piesangskille bevat ’n hoë konsentrasie stikstof, swael en karboksielsuur, wat toksiese metale saambind en dit uit die water haal. Die skille werk beter as die meeste mensgemaakte opsies.

KIWIVRUGTE

Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images

Slaapkwale? Eet ’n kiwi. Navorsers aan die Mediese Universiteit van Taipei het die uitwerking van kiwivrug-inname getoets op vrywilligers wat sukkel om te slaap.

Hulle het bevind daar is ’n verband tussen die daaglikse inname van die vrug en ’n noemenswaardige verbetering in die hoeveelheid en gehalte slaap wat deelnemers kry.

BRONNE: HUFFINGTONPOST.COM, SURVIVALCAMPINGSTORE.COM, LIVESCIENCE.COM, ?EMLII.COM, BRIGHTSIDE.ME, EXPERTHOMEETIPS.COM, THERABREATH.COM
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.

ONS DOEN ONS BES OM GOEIE RAAD SAAM TE STEL, MAAR JY BEPROEF DIÉ WENKE OP JOU EIE RISIKO. HUISGENOOT AANVAAR NIE VERANTWOORDELIKHEID VIR ENIGE SKADE OF BESERING WAT DAARDEUR VEROORSAAK IS NIE.