1. Houtkrans-kolwyntjie:

Plaas kolwyntjiepapiere in ’n muffinpan en pak houtkranse in die papiere tot dit amper vol is.

Plaas ’n wattebolletjie bo-op en bedek weer met houtkranse.

Neem ’n ou kers wat nie meer gebruik word nie en smelt die was in die mikrogolf in ’n glashouer.

Wees versigtig, dit is baie warm. Gooi die was oor die houtkrans-kolwyntjie sodat dit deeglik bedek is. Laat dit droog word. Dit sorg binne 10 minute vir vlamme. 

2. Toiletpapierrol-vuurmaker:

Neem ’n ou toiletpapierrolletjie en vul met pluis.

Smeer die middel van die rolletjie met petroleumjellie of giet ’n bietjie paraffien of kerswas op die pluis om dit langer te laat brand.

Plaas dit onder jou hout en steek aan. 

3. Koeldrankblik-vlamme:

Gebruik ’n skerp skêr of mes en sny die bokant van die blikkie af.

Vul die blikkie met sand en gooi ’n bietjie paraffien of petrol daarop.

Plaas die blik alleen op die braai en gooi ’n brandende vuurhoutjie in die blikkie.

Moenie dit met jou hande doen nie. Pak die hout dan om die brandende blikkie. 

4. Watte-vlambolletjies:

Laat brand ’n teekers deur en druk die helfte van ’n wattebolletjie in die was.

Laat dit op ’n papierbord afkoel. Smeer die res met petroleumjellie en breek die bolletjie ’n bietjie op voor jy dit onder die hout plaas en aansteek.

5. Eierhouerblits:

Gebruik ’n leë kartoneierhouer en vul dit met pluisies uit die tuimeldroër of watte.

Giet paraffien of kerswas daaroor. Wanneer dit droog is kan jy die huisies van mekaar losknip. Plaas dit onder jou gepakte hout en steek aan. 

Het jy enige ander wenke of idees om jou vuur aan die brand te steek?

Deel dit met ons.

Kliek hier en wen die braai van jou lewe.