1. Die steak moet kamertemperatuur wees voor dit op die vuur gebraai word.

As jou steak gevries is, haal dit uit die vrieskas ongeveer ’n dag voor die tyd en plaas in die yskas sodat dit teen ’n rustige tempo ontdooi.

2. Maak seker die kole waarop jy braai is vuurwarm.

Moenie die kole gebruik van ’n vuur wat al lank brand nie.

As jy saam met vriende om die vuur wil staan en klets, maak ’n kleiner vuur en maak ’n aparte vuur om op te braai.

3. Moenie ’n vurk gebruik om die steak om te draai nie, dit steek gate in die steak en so verloor ’n mens baie van die sap.

Gebruik ’n tang om die steak om te draai.

4. Laat die vleis eers ’n bietjie rus voor jy dit voorsit sodat die sous in die steak kan afkoel en in die steak intrek sodat dit nie alles uitloop wanneer ’n mens die steak oopsny nie.

5. Moenie die steak weer verhit nie. Dit sal die steak laat uitdroog en taai word.

Kliek hier en wen die braai van jou lewe.