1. Jy het jou pot of pan vergeet. 

Gebruik jou tinfoelie en maak ’n dubbellaagbakkie deur dit met jou hande te vou tot dit die vorm het wat jy nodig het of vou dit om ’n ander pot of bak om die vorm te kry.

Dit kan gebruik word om kosse soos uie, eier of souse te kook. 

2. Jy het jou roosterborsel vergeet.

Jy wil braai, maar jou rooster is vuil en ’n lappie sal nie werk nie.

Neem ’n stuk tinfoelie en maak ’n bol.

Gebruik die bol om alle vuil stukkies af te skrop. Jy kan ook voor die tinfoelie ’n halwe ui gebruik en oor jou rooster vryf. 

3. Jou hoenderskêr is stomp.

Neem ’n stuk tinfoelie en vou dit ses keer om.

Gebruik jou skêr deur die tinfoelie te knip.

Die foelie sal jou skêr se lemme weer skerp maak.

4. Aartappels in die kole.

Ingeval dit jou eerste keer is dat jy braai is dié ’n goeie wenk vir ’n lekker tradisionele bykos.

Vryf ’n bietjie olyfolie, sout en peper oor jou aartappel en vou jou tinfoelie oor die aartappel tot dit heeltemal bedek is.

Plaas die aartappels tussen die kole. Die aartappel is gaar wanneer ’n vurk maklik daarin gedruk kan word.

5. Jy het nie water vir skottelgoedwas nie.

Gebruik die tinfoelie om die binnekant van jou borde of koppies te bedek en gebruik dit met die foelie op.

As jy klaar is, kan jy net die foelie afhaal en voila – jou borde is steeds skoon.