WEES VEILIG

Verminder die risiko’s deur dié veiligheids-wenke te volg: Laat gekookte water eers ’n paar minute afkoel voor jy dit in jou warmwatersak giet.

Moenie jou warm-watersak tot meer as twee derdes vul nie. As dit te vol is, kan dit lek. Maak seker die doppie is styf vas sodat dit nie lek nie.

Gebruik ’n oortreksel om ’n sensitiewe vel teen die hoë temperatuur te beskerm.

Moenie ’n warm warmwatersak langer as 20 minute teen jou lyf hou nie; die hoë hitte kan jou vel brand.

Jy kan jou bed vooraf met ’n warmwatersak verhit, maar verwyder dit wanneer jy gaan slaap sodat jy nie daarop lê en dit dalk bars nie.

Kinders is geneig om dinge oop te maak wat hulle nie moet nie. Moet dus nie vir hulle ’n warmwatersak gee nie; gebruik dit net om ’n kind se bed vooraf warm te maak en verwyder dit voor hulle inkruip.

Warmwatersakke hou gewoonlik tot twee jaar, maar gaan liefs gereeld die elastisiteit en digtheid van die rubber na.

Moet nooit elektriese warmsakke oorlaai nie en maak voor gebruik seker die kragprop is uitgetrek.

Volg die verhittingsaanwysings vir mikrogolfbare produkte noukeurig, en moet dit nie oorverhit nie.

Moenie mikrogolfbare produkte of elektriese warmsakke tydens verhitting sonder toesig laat nie.

Herlaaibare elektriese produkte

Wenk
Die kragbank van jou elektriese warmwatersak moet deeglik ingeprop wees; onveilige bedrading kan tot foutiewe werking lei.
Elektriese warmwatersak R99, Loot.co.za
Verhitte serp met kragbank R999, Takealot.com
Warmkussing R749, Makro (net aanlyn)
Verhitte mantel R999, Takealot.com
Elektriese warmwatersak R159, Clicks
warmwatersak
Voet-verwarmer R799, Takealot.com
warmwatersak
Elektriese warmwatersak R119, Clicks
warmwatersak
Herlaaibare warmwatersak R168, Loot.co.za

Mikrogolfbare sakkies en kussings

Wenk
Maak koringsakkies skoon met ’n spons, warm water en sagte reiniger. Was verwyderbare slope volgens verpakkingsaanwysings.
Koring-sakkies R109 elk, Niftygifts.co.za
Mikrogolfbare warmsakkie R240, Takealot.com
warmwatersak
O’my- mikrogolfbare warmwatersak R99,99, Clicks
warmwatersak
Warmsak R67,99, Clicks

Warmwatersakke met slope

Warmwatersak
Warmwatersak met sloop R119, Niftygifts.co.za
Warmwatersak
Warmwatersak met sloop R119, Niftygifts.co.za
Warmwatersak
Warmwatersak met sloop R130, Dis-Chem
Warmwatersak
Warmwatersak met sloop R89, Game
Warmwatersak
Warmwatersak met sloop R150, Dis-Chem
Warmwatersak
Warmwatersak met sloop R150, Dis-Chem
Warmwatersak
Warmwatersak met sloop R150, Dis-Chem
warmwatersak
Sloop R39,99, The Crazy Store

Kry dit hier

Clicks 0860-254-257; Dis-chem 0860-347-243; Game 0861-4263-2273; Loot.co.za 087-820-5668; Makro 0800-300-999; Niftygifts.co.za; Takealot.com; The crazy store 0861-111-281

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.