Familiehuis brand byna af.
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Dié nagmerrie het met ’n paartjie van die stad Batu Pahat in die Maleisiese staat Johor gebeur.

Daar was groot afwagting vir die geleentheid op 28 Maart, waar die toekomstige bruidegom, Mohd Sahril Sairian (30), ’n verloofring aan sy toekomstige bruid, Nur Hidayah Jahurin (20), se vinger sou steek in ’n huis wat al 100 jaar in die familie is, berig ’n plaaslike koerant, Harian Metro.

Nur Hidavah se grimeerkunstenaar het die brand op kamera vasgelê. Jy kan in die video hoor hoe sy huil van die skok.

Die grimeerkunstenaar draai dan die video na haarself en vertel hoe sy besig was om grimering te doen toe die brand uitgebreek het sowat ’n uur voor die verlowingspartytjie sou begin. Teen die einde van die video draai sy weer die kamera na die brand.

Die familiehuis het byna heeltemal afgebrand 'n uu
Die familiehuis het byna heeltemal afgebrand 'n uur voor die verlowingsplegtigheid. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Familiehuis brand byna af.
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Twee en twintig brandbestryders het geswoeg om die vlamme te blus en 80% van die huis is beskadig. 

’n Motorfiets, kos, geskenke en ’n verhoog wat vir die viering na die huis geneem is, het ook in die slag gebly. 

Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Volgens Harian Metro het Nur Hidavah se pa van skok flou geraak, en haar broer het sy voet gesny toe hy op gebreekte glas getrap het terwyl hy van die brand af weggehardloop het. Gelukkig het niemand ernstige of noodlottige beserings opgedoen nie.

Mohd Sahril en Nur Hidavah het later tydens ’n kleiner plegtigheid by ’n ander familielid se huis verloof geraak.

Die owerhede ondersoek die oorsaak van die brand.