Volgens ER24 het paramedici ongeveer 12:30 op drie slagoffers met veelvuldige skietwonde afgekom.

Die eerste man het reeds gesterf aan sy beserings.

Die ander twee was albei in ’n kritieke toestand en een het kort daarna op die toneel beswyk.

Die derde is na ’n nabygeleë hospitaal geneem.

Die omstanghede van die voorval is nog onbekend, maar die polisie is besig met ’n ondersoek.