Daarby het sy glo net diegene geteiken wat volgens haar “dodelik siek” was en wat sy gevrees het tydens haar skof sou sterf.

“Dit sou problematies gewees het as die verantwoordelikheid (om die naasbestaandes van die sterftes in kennis te stel) by my berus het,” was na bewering haar motivering.

Dit is wat Ayumi Kuboki (31) na bewering Saterdag aan die polisie gesê het nadat sy in Yokohama, Japan, in hegtenis geneem is in verband met Sozo Nishikawa (88) se dood twee jaar gelede.

Sy het vermoedelik terwyl sy in die Oguchi-hospitaal in die stad gewerk het sy binneaarsevoedingsak ingespuit met ontsmettingsmiddel wat gebruik word om die verpleegsterstasie skoon te maak.

Oor ’n tydperk van drie maande in 2016 het ongeveer 48 pasiënte in die hospitaal gesterf.

Nobuo Yamaki (88), Sozo se kamermaat in die hospitaal, asook ’n 89-jarige man en 78-jarige vrou op dieselfde hospitaalvloer het enkele dae ná hom gesterf. Ook hulle het sy die ewigheid ingehelp, het sy erken.

Oor ’n tydperk van drie maande in 2016 het sowat 48 pasiënte in die hospitaal gesterf, van wie vyf op een dag.

Omdat die meeste van die oorledenes destyds veras is, was dit ’n feitlik onbegonne taak vir die polisie om enige nuttige forensiese toetse uit te voer. Maar gevaarligte het duidelik geflikker toe Ayumi in Junie vanjaar bedank.

By nadere ondersoek na die onverklaarbare sterftes het die polisie ’n deurbraak gemaak toe hulle van die skoonmaakmiddel aan Ayumi en niemand anders nie se verpleeguniform vind.

Sy was moeilik om te plaas, maar sy het beslis bekwaam voorgekom.

Verpleegpersoneel het ook naaldprikke in 10 van ongeveer 50 ongebruikte binneaarse voedingsakke gekry wat naby die verpleegsterstasie op die vloer was waar die pasiënte gesterf het.

Geskokte kollegas met wie Ayumi sedert 2015 gewerk het, kon nie hul ore glo nie toe die nuus van haar beweerde misdade op die lappe kom.

“Sy was moeilik om te plaas, maar sy het beslis bekwaam voorgekom.”

Ayumi is in 2008 as verpleegster geregistreer en het eers by ’n ander hospitaal (waarvan die naam nog onbekend is) gewerk voor sy by Oguchi aangesluit het.

In Desember het Ayumi aan die Japannese nuuswebtuiste Asahi gesê: “Ek het hard gewerk om pasiënte te help om in vrede te sterf. Ek is so geskok deur die gebeure.”

Die polisie is in hierdie stadium blykbaar glad nie daarvan oortuig dat Ayumi net mense op hul laaste met haar dodelike inspuitings vermoor het nie. Van die pasiënte wat in dieselfde tydperk as Nobue en Sozo gesterf het, was glo geensins op hul laaste bene nie.

Bronne: theguardian.com, nypost.com, asahi.com, rt.com